Daniel Hugo

Daniel Hugo is op Stellenbosch gebore en het in Greyton en Windhoek skoolgegaan. Hy studeer aan die Universiteite van Stellenbosch (B.A. Hons.), Pretoria (M.A.) en die Vrystaat (D.Litt.). In Stellenbosch was hy ’n lid van D.J. Opperman se Letterkundige Laboratorium. Hy is die digter van 14 bundels en het ook etlike bloemlesings uit die Afrikaanse poësie en verhaalkuns saamgestel. Hy is verder bekend as vertaler uit Nederlands en Engels. Hugo was aanvanklik ’n lektor in die Afrikaanse en Nederlandse letterkunde. Daarna was hy byna 20 jaar lank as omroeper veral bekend vir programme soos “Leeskring” en “Vers en klank” op RSG. Hy is meermale vir sy omroepwerk bekroon. Hy was ook ’n tyd lank vertaler en uitgewersredakteur by Protea Boekhuis. In 2014 ontvang hy die Suid-Afrikanse Akademie se vertaalprys vir sy vertaling van Tom Lanoye se roman Sprakeloos. Deesdae is hy ’n vryskut-taalpraktisyn. Hugo is getroud met Marlene Malan, ’n bekende en bekroonde joernalis.

Books

fb2epub
Drag & drop your files (not more than 5 at once)