af
Daniel Hugo

Takelwerk

Notify me when the book’s added
To read this book, upload an EPUB or FB2 file to Bookmate. How do I upload a book?
Met die titel, Takelwerk, beweeg Daniel Hugo nie net terug na die bekende beeldveld van die see en skeepvaart nie, maar verwys ook na D. J. Opperman se vers “Digter” waar die digter se arbeid uiteindelik lei na “klein stellasies vers // wat groei tot boeg en mas / en takelwerk”. Die bundel sluit verse in oor die digkuns en digterlike aktiwiteite. Die leser ervaar die wêreld van die digter deur sy oë en ore, sy sintuie, maar ook deur sy taal. Die spel-element is ook opvallend in baie verse, iets wat Hugo virtuoos met humor saamdig. Hiermee saam is ook die vernufsverse wat al sinoniem met Hugo se digterskap geword het. Talle verse staan uit vanweë die fyn ontginning van klank, woordspel & die ontplooiing van metafoor. Die verse spreek van ’n belewenis van die wêreld vasgevang tussen carpe diem en memento mori, verse oor landskappe en die heimwee van landskappe, oor natuurdinge en die mens (én die digter) se plek in die groter bestel. Dikwels word die landskappe ook bínneskappe, word hulle ingeskape.
This book is currently unavailable
20 printed pages
Original publication
2015
Publication year
2015
Have you already read it? How did you like it?
👍👎
fb2epub
Drag & drop your files (not more than 5 at once)