af
Derick van der Walt

Hoopvol

Notify me when the book’s added
To read this book, upload an EPUB or FB2 file to Bookmate. How do I upload a book?
Hierdie boek is bekroon met die Silwer Sanlam-prys vir Jeuglektuur 2011. Ben word koud. Sy mond voel skielik droog. Hy kyk na die foto teen die varsproduktemark se muur. Sy blik is vasgenael op die man heel regs op die foto. Hy vat versigtig met sy vinger aan die man se gesig. Hy het ’n pa. ’n Regte pa.

“Dink jy ons is te slapgat om iets weg van hierdie dorp af te waag?” vra Liefie terwyl sy haar lang, bruin bene in die sonnetjie strek. “Hoekom het ons nie ook verlede jaar ná matriek op ’n trein geklim en gaan kyk wat ons op die eerste die beste dorp anderkant Hoopvol gedoen kan kry nie?"

Nathalie kyk na die druiweprieel wat die dak van die hotel se binnehof byna toegerank het. “Dalk wou ons nie,” antwoord sy. “Miskien is dit bedoel dat party mense op sulke plekke soos Hoopvol moet lewe."

Hoopvol is die aangrypende verhaal van Ben wat ná ’n traumatiese gebeurtenis by sy huis in Johannesburg blindelings op ’n trein klim om die pa te gaan soek wat hy nooit geken het nie. Dis ook die storie van Nathalie se uitsiglose lewe op ’n dorpie in die Karoo. Op verrassende wyse word dié stories een.
This book is currently unavailable
203 printed pages
Original publication
2012
Publisher
Tafelberg

Impressions

How did you like the book?

Sign in or Register
fb2epub
Drag & drop your files (not more than 5 at once)