Derick van der Walt

Derick van der Walt is op 14 Julie 1958 op Virginia in die Vrystaat gebore. Hy matrikuleer in 1976 aan die Afrikaanse Hoër Seunskool in Pretoria. Hy behaal ’n B.A. Honneursgraad in Kommunikasiekunde aan Unisa.

Derick is tans ’n direkteur van Chilli Kommunikasie-konsultante in Pretoria, ’n firma wat in die produksie van korporatiewe publikasies spesialiseer. In 2007 ontvang Derick die Sanlamprys vir jeuglektuur: goud vir sy debuutboek, Lien se lankstaanskoene. In 2009 word hy bekroon met die M.E.R.-prys vir jeugliteratuur, ook vir Lien se lankstaanskoene. Willem Poprok volg in 2010, en ‘n roman vir volwassenes verskyn by Kwela in 2012.

Silwer Wenner: Sanlam-prys vir Jeuglektuur 2011

Books

fb2epub
Drag & drop your files (not more than 5 at once)