Karel Schoeman

Karel Schoeman is op Trompsburg in die Vrystaat gebore. Nadat hy ’n graad in tale behaal en aan die Katolieke Seminarium in Pretoria studeer het, vertrek hy in 1961 na Ierland, en deurloop die novisiaat vir priesterskap in die Fransiskaanse orde. Tussen 1964 en 1982 werk hy in Bloemfontein, by ’n biblioteek in Amsterdam, as ’n verpleër in Glasgow, en weer in Bloemfontein. Daarna is hy sowat sewentien jaar lank verbonde aan die Suid-Afrikaanse Biblioteek in Kaapstad. In 1998 tree hy af en vestig hom op Trompsburg, en in 2008 verhuis hy na Bloemfontein. Schoeman het die Hertzog-prys drie keer verower, asook talle ander belangrike literêre pryse. Sy werk is vertaal in Engels, Nederlands, Russies, Frans en Duits. Die film The promised land, gebaseer op Na die geliefde land, is in 2002 vrygestel. Schoeman beklee ’n belangrike plek in die Suid-Afrikaanse historiografie en ook hier is sy werk verskeie kere bekroon. In 1999 ontvang hy van president Nelson Mandela die Orde vir Voortreflike Diens (silwer). In 2009 ontvang hy die belangrike Franse prys Prix du Meilleur Livre Étranger (Beste vertaalde boek) vir Cette vie, die Franse vertaling van Hierdie lewe.]
fb2epub
Drag & drop your files (not more than 5 at once)