Marga Jonker

Marga Jonker kom oorspronklik van Stompneusbaai aan die Weskus. Sy matrikuleer op Vredenburg en daarna kwalifiseer sy haar as onderwyseres. Rondom 2000 verskyn haar verhaal Die onskadelike reënspinnekop in die tydskrif Baba & Kleuter. In 2009 word twee van haar verse opgeneem in Nuwe Kinderverseboek (Tafelberg). In 2010 verskyn haar geillustreerde kinderboek, Wat is jy, Kartoffel? by Lapa. In 2012 ontvang hierdie boek die Namibiese Kinderboekforum se toekenning vir die beste boek in die kategorie geïllustreerde kinderboeke. In 2011 word haar gedig "Slegs Bekendes" opgeneem in Toulopers, uitgegee deur Lapa. Tans woon sy in Durbanville, waar sy deeltyds Xhosa onderrig by Durbanville Voorbereidingskool. Sý is die klashanswors, reken sy.
fb2epub
Drag & drop your files (not more than 5 at once)