Dana Snyman

Dana Snyman is op Stellenbosch gebore. Sy pa, oom Coenie, was 'n predikant - een van daardie predikante wat elke vier jaar 'n beroep na nog 'n klein, afgeleë dorpie aanvaar het. Hy skryf op die ou end matriek op die destydse Nylstroom.
Ná 'n kort, onsuksesvolle universiteitsloopbaan, werk hy onder meer as veiligheidswag, skakelbordoperateur, en boekwinkelklerk. Met die genade van Bo beland hy in die joernalistiek. Hy werk eers as misdaadverslaggewer by Beeld, daarna skryf hy vir Huisgenoot oor enigiets van bomontploffings tot die wêreldkettieskiet-kampioenskappe.Van 2004 tot 2008 was hy die reistydskrif Weg! se reisskrywer.
Vandag skryf Dana voltyds. Sy rubrieke en stories verskyn in Die Burger, Beeld, By en talle tydskrifte. Sy boeke sluit in Uit die binneland, Anderkant die scrap, Op die agterpaaie, Op die toneel en Hiervandaan. Op die agterpaaie het ook in Engels verskyn as On the Back Roads en Hiervandaan as The Long Way Home. Anderkant die scrap is ook as luisterboek beskikbaar. Vir sy skryfwerk het Dana reeds talle Mondi- en Pica-toekennings ontvang.
Wanneer hy nie op reis is nie, woon Dana op Jacobsbaai saam met Jerry, Kleintjie en Vlooi, sy getroue township-special honde.
fb2epub
Drag & drop your files (not more than 5 at once)