Pieter Verwey

Pieter Verwey is 'n lektor in Kopieskryf en Kreatiewe Denke by Vega School of Brand Leadership in Johannesburg. As kopieskrywer in Kaapstad het hy ongeveer 50 internasionale advertensietoekennings gewen. Hy werk tans aan ’n Meestersgraad in Steampunk, vandaar die robot en lugskepe in hierdie boek. Hy wou ’n boek skryf om twee redes: Om te sien of hy kan skryf en wat die proses is, en omdat hy iets wou skryf in Afrikaans wat kan kompeteer met die wonderlike Engelse fantasie en wetenskapsfiksie wat hy al gelees het. “Ek hoop mense geniet my boek. Ek hoop hulle lees dit, want dis nie hoë literatuur nie. Dis Candy Crush. Dis Angry Birds. Vir wanneer jy nodig het om te ontspan, en dan, as jy klaar is, om daarvan te vergeet en aan te gaan met jou lewe.”
fb2epub
Drag & drop your files (not more than 5 at once)