Irma Venter

Irma Venter is ’n joernalis by ’n mediamaatskappy in Johannesburg, waar sy in handel en nywerheid spesialiseer. Sy fokus meestal op die motorbedryf. Sy het al verskeie toekennings gekry, onder andere drie Pica-toekennings as handel- en nywerheidskrywer van die jaar. Reis is haar passie, en sy het al ongeveer 30 lande besoek. Sy werk hard daaraan om die syfer so vinnig as moontlik te laat styg. Mongolië, San Francisco en Mali is nog op haar lys om te verken. Gelukkig laat haar werk haar toe om gereeld te reis. Sy hou van nuwe plekke, lughawens, woestyne, labradors, produkte wat in Suid-Afrika gemaak word, mense wat nog die moeite doen om kos te maak, lente en herfs, goeie whiskey, goeie koffie en goeie sjokolade, en nie noodwending in daardie volgorde nie.

Books

fb2epub
Drag & drop your files (not more than 5 at once)