Elsa Hamersma

Elsa Hamersma het grootgeword in Pretoria, waar sy skool en universiteit toe is. Ná haar huwelik met André werk en leef hulle twee-en-dertig jaar in Johannesburg. Ná aftrede trek hulle Stellenbosch toe en bou ’n vakansiehuis op Jakkalsfontein aan die Weskus. Die lewe by die see wen hul harte en tans woon hulle voltyds op Jakkalsfontein. Elsa het al verskeie tydskrifverhale, romanses en ’n bekroonde jeugverhaal die lig laat sien.
fb2epub
Drag & drop your files (not more than 5 at once)