af

Anchien Troskie

Dis ek, Anna is in 2004 onder Anchien Troskie se skuilnaam, Elbie Lötter, uitgegee. Die roman word oornag ’n blitsverkoper en verower in 2005 die Nielsen Booksellers’ Choice-toekenning. It’s Me, Anna, vertaal deur Marianne Thamm, word in dieselfde jaar uitgegee, en
daarna volg uitgawes in Nederland, Finland, Slowenië, Thailand en Engeland. Nooit is ’n lang, lang tyd verskyn in 2008, dié keer onder Troskie se eie naam, en daarna volg Die besoeker in 2010. In 2012 word die vervolg van Dis ek, Anna in Afrikaans en Engels as Die
staat teen Anna Bruwer en The State vs Anna Bruwer begroet met dawerende sukses. Anchien woon saam met haar man op ’n plaas in die Oos-Kaap.

Books

fb2epub
Drag & drop your files (not more than 5 at once)