af
Saamgestel deur Riens Vosloo en Fanie Viljoen

Piekfyn Afrikaans Eerste Addisionele Taal Leesboek Graad 4

Notify me when the book’s added
To read this book, upload an EPUB or FB2 file to Bookmate. How do I upload a book?
’n Leesboek soos min! Piekfyn Afrikaans Leesboek vir Eerste Addisionele Taal is volgens die vereistes vir leesonderrig in die Intermediêre Fase ontwikkel. Die boek is ingedeel volgens verskillende genres met tekste en temas gepas vir leerders in hierdie fase. Wanneer leerders hierdie leesboek lees, gaan hulle hulself inleef in die wonderlike gebeure en karakters in elke storie en teks.

Maar die Piekfyn Afrikaans Leesboek bestaan nie net uit kort stories nie. Daar is ook langer stories en fotoverhale wat jong lesers nuwe avonture gaan laat beleef. Daar is kort dramas om in groepverband te beurtlees of op te voer, en gedigte om te lees vir genot of om te dramatiseer.

Daar is ook heelwat inligtings-, sosiale en mediatekste wat leerders se lus vir lees sal aanwakker. Hulle lees oor allerlei temas waarvan hulle dalk nog nie weet nie of ontdek vreemde plekke waarvan hulle nog nooit gehoor het nie. Soms gaan hulle oulike poskaarte, briewe, pamflette en plakkate lees. Dan is daar ook talle interessante koerantberigte, resensies, onderhoude, verslae en advertensies om hul taalkennis uit te brei.

Al hierdie lekker leeswerk gaan jong leser help om Afrikaans spoggerig en vlot te lees en hul taalbegrip te bevorder.

Vir die klaskamer
Om die onderwyser te help met onderrig, het die samestellers die volgende inligting in die leesboek voorsien:
• Vrae oor die meeste tekste wat volgens kognitiewe vlakke geformuleer is • Toeligting by moeiliker tekste
• Woordverklarings vir komplekse woorde
• Die stappe van die leesproses

Antwoorde op alle vrae is gratis op die uitgewer se webtuiste beskikbaar (www.bestbooks.co.za).
This book is currently unavailable
134 printed pages
Original publication
2014
Publication year
2014
Have you already read it? How did you like it?
👍👎

Quotes

  • Francina Kolobilehas quoted7 years ago
    oen jy goed aan hom,
    maak hy jou seer.
    Nou gaan ek dieselfde doen.”
    “Nee, nee, wag ’n bietjie,” sê die man, want hy sien die pofadder lig sy kop en wil sy giftande in die kameel se been inslaan. “As jy my nie glo nie, kom ons gaan soek ’n getuie. Ek sal my neerlê by wat hy sê.”
    “Goed,” sê Pofadder en hulle reis verder saam.
    Die eerste dier wat hulle teëkom, is ’n koei.
  • daynon166has quoted7 years ago
    Die ondankbare pofadder
    Elsa Joubert
    Eendag het ’n man met sy kameel deur die woestyn gereis toe hy voor hom in die pad ’n groot bos sien wat brand. Hy hoor ’n klein stemmetjie roep:
  • Patria Joynthas quoted7 years ago
    “Jy vra verniet,” sê Pofadder, wat noudat hy uit gevaar is, vergeet het van sy belofte.
fb2epub
Drag & drop your files (not more than 5 at once)