af
Carié Maas

Koljander

Notify me when the book’s added
To read this book, upload an EPUB or FB2 file to Bookmate. How do I upload a book?
Wanneer Karen en Ben Strauss se baba gebore word, besef Karen en haar ouers opnuut dat haar broertjie Roux se lang skadu nog altyd oor hulle elkeen val. Sal Karen se kind ’n nuwe begin wees, in haar pa se woorde “’n impakspeler wat net voor beseringstyd op die veld kom en die blerrie WP ’n slag laat wen?” Want onwillekeurig is haar pa, Hendrik, se aftrede tyd vir bestekopname, vir die verskrikking van saamleef met jou doen en late. En wat van Karen, wat glo haar ma het haar nooit vir haar broer se dood vergewe nie? Gaan vrees wéér die motiveerder wees vir hierdie nuwe wedloop van haar lewe, soos met die meedoënlose maatslag van die Radetzky-mars op elke atletiekbyeenkoms van destyds? Sy moet boonop ’n ontwerpkompetisie wen, want daardie podium sal haar en Ben se finansiële redding moet wees.

In hierdie roman word die leser geneem op ’n reis na die binnewêreld van die kunssinnige Karen en van haar siniese fisikuspa. Dit is die verwikkeldheid van vergiffenis wat die verhaal rig, en hulle eindelik ook ná die trauma laat kennis maak met die gestroopte skoonheid van Mali in Wes-Afrika.
This book is currently unavailable
255 printed pages
Original publication
2013
Publication year
2013
Have you already read it? How did you like it?
👍👎
fb2epub
Drag & drop your files (not more than 5 at once)