af
Riens Vosloo,Henk Viljoen,Hettie Scholtz,Lucas Malan

Piekfyn Afrikaans Huistaal Leerderboek Graad 10

Notify me when the book’s added
To read this book, upload an EPUB or FB2 file to Bookmate. How do I upload a book?
Piekfyn Afrikaans Graad 10 bevat interessante en kontemporêre leerstof vir jou as leerder van Afrikaans Huistaal. Boonop word taalinhoud met dié van verskeie ander vakke geïntegreer wat jou ervaringswêreld sal verryk en jou deeglik vir Graad 11 sal voorberei.

Die wye verskeidenheid interaktiewe aktiwiteite sorg vir die inoefening en vaslegging van al die taalvaardighede. Afdelings soos Pitkos, In ’n neutedop en die piekfyn Indeks gaan jou voorberei vir enige soort assessering seepglad laat verloop. Jy gaan verder ook • vir begrip en pure genot liplekker tekste lees
• in verskillende sosiale situasies seepglad kommunikeer
• verskeie visuele tekste verstaan en verduidelik
• vlot en ekspressief praat en toesprake lewer
• noukeurig en krities na taalgebruik luister, en taalstrukture deeglik en foutloos gebruik
• heelwat transaksionele en kreatiewe tekste beplan en skryf.

Maar dit is nie al nie… Hou jy van fliek of om na ’n boeiende of grapperige sepie te kyk? Wel, nou gaan jy dit alles in die Afrikaanse klas doen! Jy gaan dit vreeslik geniet om Afrikaans te praat en te skryf terwyl jy na al die mense van Mandela-rylaan kyk. Ja, Piekfyn Afrikaans het sy eie film en filmsterre! “Mandela-rylaan se stories” is ’n tipies Suid-Afrikaanse TV-sepie. Behalwe kyk, gaan jy ook lekker gesels en jou mening gee oor die film, karakters en gebeure

Geniet ’n Piekfyn-leerervaring!
This book is currently unavailable
516 printed pages
Original publication
2014
Publication year
2014
Have you already read it? How did you like it?
👍👎
fb2epub
Drag & drop your files (not more than 5 at once)