af
Books
Annelize Morgan

Geliefde banneling

Vir Theresa Verhoef, die vaal dogter van Barnard Verhoef vir wie hy geen liefde het nie, lyk die toekoms baie duister. As deel van ’n saketransaksie moet sy met die losbol-buurman Sias Beneke trou, en sy het haar pa se wense nog altyd gehoorsaam. Maar wat moet sy doen as sy die buurman verfoei? Toe Theresa Sias kort voor hulle huweliksbekendmaking met sy vorige meisie in ’n omhelsing betrap, weet sy vir seker dat sy nié met die klugspel kan voortgaan nie. Sy jaag die veld koersloos op haar perd in en loop haar trompop vas in die gevreesde El Toro en sy bendelede, wat reeds tien jaar lank ’n skrikbewind voer op Pelgrimsrus en die omliggende delwerye. Toe hulle uitvind wie haar pa is, besluit hulle dadelik dat dit hulle lang verwagte kans is om terug Europa toe te gaan, en hulle eis ’n losprys van tienduisend pond van haar pa. Maar wat gaan hulle doen wanneer hulle uitvind dat Barnard Verhoef nie bereid is om ’n pennie vir sy lelike dogter te betaal nie? En gaan haar jongmeisiedrome van jare gelede bewaarheid word?
186 printed pages
Original publication
2013
Publishers
Tafelberg, Jasmyn

Impressions

How did you like the book?

Sign in or Register
fb2epub
Drag & drop your files (not more than 5 at once)