af
Books
Philip Kerr

Doodsbleek

In Die bleek oortreder moet die gesoute speurder Bernie Günther ’n reeksmoordenaar vastrek wat paniek regoor Berlyn saai.
Dit is 1938 en Duitsland wag angstig op die bevindinge van die München-konferensie. Onsekerheid hang in die lug: Hitler kan Europa dalk in ’n oorlog dompel. Vir Bernie is daar egter belangriker sake wat aandag verg. Hy ondersoek twee sake waar afpersing betrokke is: die een betrek ’n ryk weduwee, en die ander, homself.
Terselfdertyd het dit op die lappe gekom dat die Kripo — Berlyn se misdaadpolisie — ’n onskuldige Jood gearresteer het vir die reeks wrede moorde in die stad. En hoewel die Kripo dié keer alles sal doen om die regte moordenaar vas te trek, is hulle weereens nie verhewe bo afpersing en manipulasie nie. Omdat Bernie onlangs aangestel is as Kripo-kommissar, moet hy die raaisel oplos — ’n ondersoek wat hom uiteindelik aan die heel donkerste kant van die menslike psige blootstel.
Hierdie vertaling van The Pale Criminal is die tweede boek in Philip Kerr se Berlin Noir-trilogie, nou vir die eerste keer beskikbaar in Afrikaans. Die vertaling van die derde boek in die reeks, A German Requiem, verskyn in 2019.
311 printed pages
Copyright owner
Bookwire
Original publication
2019
Publication year
2019
Publisher
Jonathan Ball
Have you already read it? How did you like it?
👍👎
fb2epub
Drag & drop your files (not more than 5 at once)