af
Ettie Bierman

Bitter bloeisels

Notify me when the book’s added
To read this book, upload an EPUB or FB2 file to Bookmate. How do I upload a book?
Rothea Beukes kan haar man staan as dit moet. Maar sy vind spoedig uit dat sy nie ’n kans staan teen die groot Duitser, Dieter Richter, nie – want sy het nie die geld en die mag van die Richters om teen hulle te kan veg nie. En die prys wat sy gaan verloor? Klein Albie Richter, seun van haar suster Barbara en haar man Ernest, wat in ’n botsing gesterf het. Die Richters eis voogdyskap oor die klein seuntjie en verwag sy moet hom sonder meer aan hulle oorhandig. Toe gryp Albie in. Hy sit so ’n keel op toe Dieter hom kom haal, dat hy verplig is om Rothea na die familieplaas, Schloss Hoffnung, saam te nooi. Sy het geen ander keuse nie. Sy moet ter wille van Albie gaan. En dit is goed ook, want daar is allerhande geheimsinnige onderstrominge op die plaas aan die gang. Daar is Ilse Bauer wat op Dieter verlief is en Rothea wil wegkry; daar is mevrou Olga Richter wat haar ongasvry en vyandig behandel; maar daar is ook Carl Richter wat haar vriendelik ontvang en behandel. Die ergste is egter die aanslae op Albie se lewe. Wie sal so ’n klein kindjie se dood verlang? En waarom? Rothea het haar vermoedens en sy wens Dieter het haar nooit hierheen laat kom nie. Sy wil wegvlug, want sy het hier verlief geraak en vrees vir haar eie lewe, maar sy kan nie. Sy is verantwoordelik vir Albie se veiligheid. Daarom bly daar vir haar net een ding oor: sy moet die aanvaller aan die kaak stel. Bitter bloeisels is ’n spannende liefdesverhaal vol intrige.
This book is currently unavailable
339 printed pages
Original publication
2012
Publication year
2012
Have you already read it? How did you like it?
👍👎
fb2epub
Drag & drop your files (not more than 5 at once)