af
Éric-Emmanuel Schmitt

Monsieur Ibrahim en die blomme van die Koran

Notify me when the book’s added
To read this book, upload an EPUB or FB2 file to Bookmate. How do I upload a book?
So lank as wat almal in Rue Bleue en in Rue du Faubourg-Poissonnière kon onthou, was monsieur Ibrahim maar altyd in sy kruidenierswinkel, van agtuur soggens tot laat in die nag, half vooroor gebuig tussen die kasregister en die skoonmaakmiddels, met een been in die paadjie en die ander een onder dose vuurhoutjies, met ’n wit hemp onder sy grys oorjas, ivoorkleurige tande onder ’n stomp snorretjie, oë soos groen en kastaiingbruin pistasieneute wat ligter as sy bruin vel vol wysheidsvlekke was. Want die algemene opinie was dat monsieur Ibrahim ’n wyse man was. Seker omdat hy vir ten minste veertig jaar al ’n Arabiese kruidenier in ’n Joodse straat was. Seker omdat hy baie geglimlag en min gepraat het. Seker omdat dit gelyk het asof hy nie deel van die gewone sterflinge, en veral die Paryse sterflinge, se gejaag was nie. Dié storie wat afspeel in 1960 in Parys, wentel om Momo, 'n seun wat alleen saam met sy pa in die besige Rue Bleu-distrik woon. Gebroke oor die skeiding van sy vrou, verwaarloos Momo se pa sy seun tot die punt waar die tiener die meeste van sy tyd alleen en geïsoleerd deurbring. Hy vind 'n onwaarskynlike bondgenoot in monsieur Ibrahim, 'n Moslem winkelier wat die meeste van sy dae spandeer agter die toonbank van sy winkel waar hy die Koran lees. Mettertyd laat Momo en Ibrahim mekaar elkeen uit sy onderskeie dop kruip en saam ervaar hulle verskeie alledaagse avonture wat nie net vir Momo waardevolle lesse oor liefde, geloof, familie en vriendskap leer nie, maar hom uiteindelik ook 'n toekoms wys wat die moeite werd is om na te streef.
This book is currently unavailable
47 printed pages
Original publication
2014
Publication year
2014
Have you already read it? How did you like it?
👍👎
fb2epub
Drag & drop your files (not more than 5 at once)