af
Jaco Fouché

Verstevlei

Notify me when the book’s added
To read this book, upload an EPUB or FB2 file to Bookmate. How do I upload a book?
Soos ’n Don Quijote van ouds dool Renier Proot deur die Suid-Afrikaanse landskap: van ’n uitsiglose bestaan in ’n woonstel in Vereeniging en Huis Genade waar sy suster Michelle opgeneem is, tot die plaas Verstevlei in die Boland waar hy hulp en stuurjonge is vir die bejaarde Bill Andrais, tot ’n kamer in Kaapstad en ’n kroeg in Bellville. Oral op Renier se pad is daar vreemde en vlugtige ontmoetings, en sy omswerwinge raak ’n ondersoek na identiteit, maar veral na die sin van die lewe. Jaco Fouché se kenmerkende skryfstyl – fyn gestem, suiwer, ironies, komies – sorg vir ’n onvergeetlike verhaal.

Met hierdie roman het Fouché die derde prys verower in NB-Uitgewers se Groot Afrikaanse Romanwedstryd, 2012. Lof van die beoordelaars: “Verstevlei is ’n goed afgewerkte roman wat ’n mens verras met ’n onkonvensionele aanpak van bekende temas in die Afrikaanse literatuur.”– Louise Viljoen, en “’n Reis deur die hoogs sensitiewe gees van die ewige buitestander.” –Linda Rode
This book is currently unavailable
199 printed pages
Original publication
2013
Publication year
2013
Have you already read it? How did you like it?
👍👎
fb2epub
Drag & drop your files (not more than 5 at once)