af
Rudie van Rensburg

Slagyster

Notify me when the book’s added
To read this book, upload an EPUB or FB2 file to Bookmate. How do I upload a book?
Daar’s ’n moorddossier op inspekteur Kassie Kasselman se lessenaar . ..

In die woude van die Niger-delta word Ryan Deetlefs, ’n Suid-Afrikaanse werknemer van die geldgierige Star Petro, gevange gehou deur ’n rebellegroep wat reeds verantwoordelik was vir die dood van etlike oliewerkers.

Haarhoff, Malan en Van Dyk Transport in Kaapstad is ’n baie suksesvolle onderneming, en eersdaags sal die drie kollegas nóg dieper rol in die geld. Hulle het ’n uiters lonende byverdienste, in samewerking met SAPD-hoëlui en die Nigeriese sluikhandel. Maar hoe gemaak met Brink van Dyk en sy Taliban-kwellinge?

Carl het afgetree op sy splinternuwe olyfplaas in die Karoo. Hy’s klaar met polisiemol-dwelmhandel en die skadulewe . . . totdat sy voormalige bevelvoerder daar opdaag met ’n versoek wat Carl eenvoudig nie kan weier nie – een wat hom in kontak gaan bring met Afrika se mees gewetenlose skurke. En hy’t self nie ’n silwerskoon verlede nie . ..

Van dit alles moet inspekteur Kassie Kasselman – posseël- en boeremusiekliefhebber, alleenloper-speurder met ’n ernstige waarskuwing op sy diensrekord – sin maak. Iemand het sleg geknoei, maar hoe hoog op strek die kwaad?

Slagyster is ’n debuut-spanningsverhaal deur ’n opwindende nuwe stem in die genre, en vir inspekteur Kasselman sal ons vorentoe weer ontmoet.
This book is currently unavailable
316 printed pages
Original publication
2013
Publication year
2013
Have you already read it? How did you like it?
👍👎
fb2epub
Drag & drop your files (not more than 5 at once)