af
Ettie Bierman,Helena Hugo,Alexa Slabbert

Satyn Omnibus 3

Notify me when the book’s added
To read this book, upload an EPUB or FB2 file to Bookmate. How do I upload a book?
In Ettie Bierman se ’n Man vir môre betrap Cecilia haar verloofde saam met ’n ander lugwaardin in sy hotelkamer. Sy bedank by Jakaranda-lugdiens en neem haar voor om nooit weer ’n man te vertrou nie. ’n Pos as skakelbeampte by die vyfsterhotel Mlala Lodge lyk na ’n droom wat kan waar word – so ook Melt Meiring, haar nuwe baas met die goue oë.

In Alexa Slabbert se Winterman, somerhart is Donna ’n swemdragmodel wat vir die jaarlikse fotosessie van ’n bekende sporttydskrif na die Comores toe gaan. Tifone en ander struikelblokke maak die eilandervaring iets totaal anders as wat sy geantisipeer het. En dan is daar boonop die tydskrif se redakteur, Simon, bekende flankeerder en rok-, oftewel, bikinijagter, met wie sy moet rekening hou.

En in Helena Hugo se Troukoors kan Minette nie wag om oor ses weke mevrou professor Paul Hagen te word nie. Aan die besware, bespiegelings en beskinderings van almal om haar steur sy haar nie meer nie. Dit het niks met enigiemand te doen dat Paul met een van sy studente trou en dat daar so ’n groot ouderdomsverskil tussen hulle is nie. Behalwe één persoon: Pierre Hagen, Paul se seun . . .
This book is currently unavailable
549 printed pages
Original publication
2013
Publication year
2013
Have you already read it? How did you like it?
👍👎
fb2epub
Drag & drop your files (not more than 5 at once)