af
Rudie van Rensburg

Vloek

Notify me when the book’s added
To read this book, upload an EPUB or FB2 file to Bookmate. How do I upload a book?
In Rudie van Rensburg se eerste Kassie Kasselman-roman, Slagyster, ontmoet ons vir Carl Bester, gevalle oudspeurder. Slagyster eindig waar hy op vlug gaan ná hy geld gesteel het waarop in ’n dwelmsaak beslag gelê is. In Vloek is Carl terug. Ná ’n dekade word hy skielik gevrywaar van vervolging. Hy kan terugkom na SA — sy bannelingstatus uitgewis, maar teen ’n prys. “Ons vergeet van jou sondes in ruil vir ’n teenprestasie,” sê sy nuwe werkgewer. Hy moet ’n saak van internasionale belang help ontrafel — een wat met lyke besaai lê. Carl se polisiedae lê ver in die verlede. Nou sal hy sy skadukant finaal moet afskud en weer soos ’n volbloedspeurder redeneer om dié saak saam met ’n spul rookies op te los. Sal dié berugte rokjagter ook die versoeking weerstaan om betrokke te raak by ’n beeldskone kollega? En dan is daar die neo-Nazi uit Carl se verre verlede. Gevul met die “heilige krag van die Führer” is hy vasbeslote om wraak te neem op die man wat hom agter tralies laat beland het.
This book is currently unavailable
346 printed pages
Original publication
2019
Publication year
2019
Have you already read it? How did you like it?
👍👎
fb2epub
Drag & drop your files (not more than 5 at once)