bookmate game
Wilna Adriaanse

Die boek van Ester

Notify me when the book’s added
To read this book, upload an EPUB or FB2 file to Bookmate. How do I upload a book?
As politieke fotojoernalis het Ester Green al met baie verskillende fasette van die lewe in aanraking gekom, en het sy in ‘n huis grootgeword waar sy geleer het die pen is ‘n magtige wapen. Sy is die dogter van Leon Green, ‘n Jood wat as jong man Suid Afrika toe gekom het en later een van die suksesvolste redakteurs van ‘n dagblad in die land geword het. Alles wat sy geleer het en alles waarin sy geglo het, word egter in een aand omvergewerp toe haar ouers buite hulle huis doodgeskiet word deur lede wat ‘n sindikaat wat deur Leon se koerant ondersoek is. Ester pak na die begrafnis haar tasse en trek Londen toe waar sy ‘n vryskut mode-fotograaf word. Sy verander haar klere, haar haarstyl en haar leefwyse en beplan om nie weer haar voete op die Afrika kontinent te sit nie. Twee jaar nadat sy die land verlaat het, bevind sy haar egter terug in Suid-Afrika vir ‘n mode-artikel wat in die Laeveld geskiet word. Hier ontmoet sy vir Samuel McGreggor, ‘n veearts van beroep, maar ook betrokke by ‘n verskeidenheid bewaringsorganisasies. Hy is ‘n gewilde spreker by kongresse en is raadgewer vir heelwat regerings- en nie-organisasies oor die onderwerp van bewaring. Hy is uitgesproke teen groot korporasies wat ekologies en humanitêr stompsinnig is en net na die balansstaat van hulle maatskappye kyk en regeringsamptenare wat hulle self verryk deur te maak of hulle nie bewus is van sekere vergrype wat aan die gang is nie. Samuel is onlosmaaklik deel van die kontinent en glo dat daar genoeg mense is wat ‘n verskil wil maak. Wanneer Ester hom leer ken, beskuldig sy hom daarvan dat hy naïef is en nie wil sien dat hy met ‘n hopelose poging besig is nie. Terselfdertyd fassineer sy geloof in die proses waarmee hy besig is haar en kan sy nie help om haar eie verbondenheid met hierdie land en sy mense te evalueer nie. Haar Joodse herkoms herken en verstaan die onlosmaaklike verbondenheid aan ‘n landstreek wat hard op sy inwoners is. Die pad wat sy moet loop om by aanvaarding uit te kom, is nie so maklik nie en in die proses verklaar sy eers oorlog teen ‘n kontinent en sy mense, haar ouers en broer en teen ‘n man wat nie wil aanvaar dat hy met ‘n verlore saak besig is nie. Maar Afrika is rooi grond word ook nie maklik uit ‘n mens se skoene geskud nie.
This book is currently unavailable
486 printed pages
Original publication
2011
Publication year
2011
Have you already read it? How did you like it?
👍👎

Impressions

  • Desi Oosthuizenshared an impression6 years ago
    👍Worth reading
    🔮Hidden Depths
    💡Learnt A Lot
    🎯Worthwhile
    💞Loved Up
    🚀Unputdownable

Quotes

  • Desi Oosthuizenhas quoted6 years ago
    Let schoolmasters puzzle their brain, with grammar and nonsense, and learning. Good liquor, I stoutly maintain, gives genius a better discerning
  • Desi Oosthuizenhas quoted6 years ago
    “I am a sea of calmness. I am serenity incarnated.”
  • Desi Oosthuizenhas quoted6 years ago
    For it was not into my ear that you whispered, but into my heart. It was not my lips you kissed, but my soul.”
fb2epub
Drag & drop your files (not more than 5 at once)