af
Books
Naretha Franken

Engel in die teater

Engela, teatersuster in murg en been, keer terug hospitaal toe ná langverlof. Nie net lyk die gebou binne en buite nuut nie, maar dit spog ook met ’n hele paar vreemde gesigte, waaronder ’n nuwe dokter, Johan Kotze, en superintendent Gerhard de Beer. Engeltjie, soos die personeel haar noem, beland egter sommer met die intrapslag aan die superintendent se verkeerde kant, tot so ’n mate dat die verpleegsters dink hulle moet liewer ingryp. In dokter Johan Kotze ontdek Engela weer ’n opregte vriend, iemand met wie sy ’n lang pad sou kon loop . . . as haar hart en haar kop tog net wou saamstem. En as Gerhard net meer wou lag, ’n bietjie meer mens wou wees!  Sal daar ooit ’n krakie in sy pantsermondering kom sodat Engela ’n kykie agter sy onstuimige bruin kykers kan kry? Wat is dit aan haar wat Gerhard so ongedurig maak?
175 printed pages
Original publication
2011
Publishers
Tafelberg, Hartklop

Impressions

How did you like the book?

Sign in or Register
fb2epub
Drag & drop your files (not more than 5 at once)