af
Nelia Engelbrecht

Die Poort 1: Bewakers

Notify me when the book’s added
To read this book, upload an EPUB or FB2 file to Bookmate. How do I upload a book?
“Die poort is oop.”
Ek skrik my amper besimpeld toe die ou tannie langs my skielik praat. Ek draai na haar toe. My nekhare rys en my lyf slaan hoendervleis uit.
Ek sweer iemand het haar iewers in ’n begraafplaas opgegrawe. Geel vel span styf bo-oor haar kop, en hier en daar klou bossies hare soos droë gras aan haar kopvel vas.
Sy leun nader. Ek ruik verlepte blomme.
“Jy het haar ook gesien,” sê sy. “Hulle het haar kom haal.”
Sy trek haar ogies nog kleiner. “Die stomme baba. Hy gaan nou sonder ’n ma grootword.”
Skielik gryp sy my hande. Ek kyk af. Kraaikloue klem my vingers vas. ’n Vreemde hitte styg op in my arms, my nek, my kop. Ek probeer my hande uit hare trek, maar my spiere wil nie na my brein luister nie.
“Ek weet nie wat Tannie . . .”
“Jy wéét,” val sy my in die rede. “Jy sién. Nes ek.”
This book is currently unavailable
141 printed pages
Original publication
2016
Publication year
2016
Have you already read it? How did you like it?
👍👎

Impressions

  • Shirene Jacobsshared an impression4 years ago
    👍Worth reading

fb2epub
Drag & drop your files (not more than 5 at once)