af
Anton F.Prinsloo

'n Dief aan die kers – Skelm woorde deur die eeue

Notify me when the book’s added
To read this book, upload an EPUB or FB2 file to Bookmate. How do I upload a book?
«Hierdie splinternuwe boek deur dr. Anton F. Prinsloo beskryf hoe die oorspronklike betekenisse van ongeveer 1 000 Afrikaanse woorde metterjare só verander het dat die betekenisse wat ons vandag ken, byna hoegenaamd nie sin maak nie.

So byvoorbeeld het die woord “ambisie” eeue gelede niks met ’n sterk strewe na sukses en vooruitgang te doen gehad nie. As iemand in daardie eeue ambisie gehad het, het dié persoon soos ’n bedelaar van huis tot huis geloop.
En die betekenis van die Nederlandse “dyk” was toentertyd allermins dié van 'n “hoë wal by die see om water uit te hou”. Die woord het juis nie na die wal vewys nie, maar na die sloot wat gegrawe is om grond te kry om die wal, wat die land teen die see moes beskerm, mee te bou.

As ons vandag van ’n “kandidaat” praat, sou ons nie dink dat dit iemand is wat ’n verpligte wit rok sou moes aanhê nie.
En die klein, kruipende diertjie wat ons 'n “wurm” noem, kon toentertyd na ’n maaier, slang, skerpioen of draak verwys het. Ligte, prettige leesstof.

Dié boek verskil van ’n tradisionele boek oor die herkoms van woorde (die etimologie) deurdat dit net woorde behandel waarvan die betekenis erg prettig (en skelm) deur die tyd skeefgetrek is. "
This book is currently unavailable
253 printed pages
Original publication
2013
Publication year
2013
Have you already read it? How did you like it?
👍👎
fb2epub
Drag & drop your files (not more than 5 at once)