af
Books
Arthur Odendaal

Kragtige gebede

Kragtige gebede is ’n praktiese gids wat vloei uit die behoeftes van gelowiges wat nie weet wat om te bid nie en nie weet watter woorde om te gebruik nie. Hierdie boek spel die onontbeerlikheid van gebed uit. Dit wys op die voordele en krag wat gereelde Bybelse gebede vir die bidder inhou, asook die positiewe uitwerking wat dit op die bidder se lewe het.
Gebede wat op die Bybel gegrond is, hou die voordeel van gewaarborgde geestelike groei in, nie net omdat ons hierdeur leer wat God vir ons oor ons lewensomstandighede sê nie, maar ook omdat dit ons help om ons denke in ooreenstemming met God se Woord te bring. Verder is die Bybel ook ’n roetekaart ten opsigte van hoe ons teenoor ander behoort op te tree.
Só kan jy in tere bewondering tot God bid of vra vir die beskerming van jou gesin. Jy kan bid vir goeie gesondheid of vir die herstel van jou huwelik. Jy kan bid vir diegene wat Jesus nodig het én ook vir dié wat teruggeval het. Jy kan bid vir jou kind wat onverskillig leef of vir antwoorde op ’n moeilike saak.
Kragtige gebede is bedoel vir diegene wat deur opregte liefde vir God gedring word om hul harte tot Hom te rig en met woorde teenoor Hom uiting te gee aan hul gedagtes.
71 printed pages
Original publication
2014
Publisher
Lux Verbi

Impressions

How did you like the book?

Sign in or Register
fb2epub
Drag & drop your files (not more than 5 at once)