af
Helene De Kock

Abel se dogters

Notify me when the book’s added
To read this book, upload an EPUB or FB2 file to Bookmate. How do I upload a book?
Die wewenaar Abel Buitendag se lewe op sy plaas in die Oos-Vrystaat het ’n stil, onverstoorde gang. Of so dink hý. Sy drie dogters smag eintlik na meer warmte en kontak, na ’n lewe wat gelééf word. Sedert hul ma se dood, toe hulle nog klein was, klou hul pa verbete vas aan dit wat verby is. Maar soos Abel se dogters een vir een uit die huis gaan en deel word van die groot wêreld, gryp die lewe hul met woede en met vreugde vas. Hulle ervaar die storm en soet pyn, ook soms die bitterheid, wat liefde bring.

Die oudste dogter, Adelien, is ’n dosent in sielkunde in die stad en moet op ’n dag kies tussen twee besonderse mans in haar lewe. Maar sy is ook gekweld oor haar twee susters. Christel, die jongste een, is nog op skool en alleen by die huis met ’n pa wat te sag is. En Bernadette het ’n man gekies wat haar dalk nog baie hartseer kan bring.
This book is currently unavailable
322 printed pages
Original publication
2014
Publication year
2014
Have you already read it? How did you like it?
👍👎
fb2epub
Drag & drop your files (not more than 5 at once)