af
Kristel Loots

Kristel Loots-omnibus 1

Notify me when the book’s added
To read this book, upload an EPUB or FB2 file to Bookmate. How do I upload a book?
Dokter van harte se Jenna Joubert wil nie deur dokter Luca de Wet ondersoek word nie. Sy weet wat skort: haar hart is bloot gebreek. En sy weet hoe graag hartchirurge teater toe draf, of dit nou die beste ding is of nie. Dis net … Luca de Wet maak allerlei fantasieë in haar wakker, en hy duik boonop oral op.

In Engel van my hart moet brildraende Breggie Bruwer vir die beroemde oftalmoloog dokter Graham Condor gaan werk, in Londen. In sý oë veral wil sy mooi wees, maar ai, sy weet hoe onsinnig haar verliefdheid is: dokter Condor weet nie van haar verskroeide vlerke nie en het die wêreld se mooistes aan sy voete.

In Voorskrif vir die hart kan dokter Zoely du Toit nie wag om op Arendsnes aan die Weskus te gaan locum nie. Op die platteland sal niemand die waarheid oor haar verlede kan uitsnuffel nie, hoop sy. Maar sy sukkel om ’n lae profiel te handhaaf toe sy die dodelik aantreklike dokter Vito Vincenzo se werkkring én huis moet deel . . .
This book is currently unavailable
547 printed pages
Original publication
2013
Publication year
2013
Have you already read it? How did you like it?
👍👎
fb2epub
Drag & drop your files (not more than 5 at once)