af
Annelie Botes

Kammaland

Notify me when the book’s added
To read this book, upload an EPUB or FB2 file to Bookmate. How do I upload a book?
Weinig mense spit diep in hulle spaargeld in, sluit hulle huis en klim vir drie maande van afsondering op ’n kanaalboot in die verre Engeland. Sonder geselskap. Sonder ervaring. Sonder ’n bootliksens. Sonder die voorwete dat alles goed sal afloop. Annelie en die gryse het besluit om die kanaalpad te vat en reg in die snerpende winter in te vaar. Om te toets wat hulle ná vier-en-veertig jaar van saamwees in mekaar oorhet. Om te besin oor die roete van die allerlaaste vyftien sterkerige jare wat dálk voorlê. Om herinneringe te vergaar vir die stil dae op die ouetehuisstoep. En om mekaar vergifnis te gee vir sovele sondes. Min sou hulle kon voorsien dat die reis van hosannas ook ’n reis van tappende ontberings en rasperende emosies sou wees. En dat hulle meer as een maal die boot wou verlaat en hul kinders bel om hulle te kom haal. Maar tot op die een-en-neëntigste dag het hulle vasgehou aan die idille. En aan mekaar. In Kammaland is die supergewilde Annelie Botes terug met ’n vertelling wat al die kenmerke dra waarvoor haar aanhangers haar koester.
This book is currently unavailable
255 printed pages
Original publication
2019
Publication year
2019
Have you already read it? How did you like it?
👍👎
fb2epub
Drag & drop your files (not more than 5 at once)