af
Schalk Schoombie

Rooi haring

Notify me when the book’s added
To read this book, upload an EPUB or FB2 file to Bookmate. How do I upload a book?
“Ek bevestig en beaam: Dis ek. Ek is die sondebok. Ek het dit gedoen. Ek was verantwoordelik vir die dood van Hartman Swiegers.” Die vooraanstaande celebrity-sjef Hartman Swiegers word vermoor tydens die openingsaand van Tydloos, sy nuwe fynproewerrestaurant in Pretoria. Sy bevrore liggaam word in ’n vrieskas gevind, met twee opgerolde harings as die enigste leidrade. Ná die polisie vuilspel vermoed stel Greta Burger – ’n selfaangestelde speurder wat haar laat lei deur haar intuïsie, oftewel “gevoelentes” – ook ondersoek in. Is die moordenaar Darius Swiegers, die kos-ghoeroe se broer, of is dit een van die uitgelese gaste? Is die moordenaar een van Tydloos se kombuispersoneel, of eerder iemand wat jare lank in die skadu van al Hartman se suksesse staan? ’n Dolle soektog met verskeie kinkels en ompaaie lei uiteindelik tot ’n ontknoping met ’n angel. ’n Boeiende, humoristiese speurverhaal deur ’n meester-storieverteller. Schalk Schoombie is joernalis, akteur en bekroonde dramaturg. Sy debuutroman, Boomkastele, was in 2016 genomineer vir die ATKV-Prosaprys en die Jan Rabie-Rapportprys.
This book is currently unavailable
329 printed pages
Original publication
2017
Publication year
2017
Have you already read it? How did you like it?
👍👎
fb2epub
Drag & drop your files (not more than 5 at once)