af
Books
Benescke Janse van Rensburg

Oorkom jou vrees

Oorkom jou vrees is die vierde boek in Lux Verbi se nuwe Bybelstudiereeks, Ontdek God in die Bybel. Hierdie nuwe boek fokus op die vele maniere waarop vrees die gelowige se lewe kan beïnvloed en hoe om hierdie verskillende vrese te oorkom. Benescke Janse van Rensburg behandel die vele fasette van vrees aan die hand van ’n inspirerende, ware storie uit iemand se lewe. Oorkom jou vrees is nie net 31 daaglikse oordenkings vir die individu nie, maar kan ook dien as ’n Bybelstudieboek vir groepe. Die skrywer verskaf Bybelverwysings en besprekingsvrae by elke hoofstuk, wat verdere studie en bespreking moontlik maak, asook ’n gebed wat leiding kan gee aan die leser se eie gesprek met God. Hierdie boek vorm deel van Benescke se passie om God se Woord en beloftes op ’n kreatiewe en relevante manier met ander te deel. Sy verseker haar lesers daarvan dat, ongeag wat die situasie is, jy vreesloos kan leef met die wete dat God steeds wonderwerke doen.
114 printed pages
Original publication
2013
Publisher
Lux Verbi

Impressions

How did you like the book?

Sign in or Register
fb2epub
Drag & drop your files (not more than 5 at once)