Human & Rousseau

NB Publishers
221Books2Followers
Human & Rousseau was founded in 1959. Although we initially focused on Afrikaans books, Human & Rousseau today publishes both English and Afrikaans and is one of the most esteemed general publishers in South Africa..
NB Publishersadded a book to the bookshelfHuman & Rousseau4 months ago
Deidre Anker se lewe raak verstrengel met die van ’n bende van vyf seuns wat berug is vir die lewensgevaarlike en ekstreme stunts wat hulle uitvoer en video's daarvan op youtube post. Deur haar ontstuimige verhouding met Louw, begin sy die Branderjaers se geheime ontrafel - soos die feit dat hulle Bloedskuld moet betaal deur dit uit te baklei in die Kring se arena. Daar is ’n prys om te betaal as jy met ’n Branderjaer deurmekaar raak . . .
NB Publishersadded a book to the bookshelfHuman & Rousseau6 months ago
Nikki se skool hou ’n talentkompetisie en sy kan nie wag om saam met Chloe en Zoey ’n dans uit te werk en Brandon met haar mooi stem te bekoor nie! Maar Nikki vind uit dat haar aartsvyand, MacKenzie, ook vir die kompetisie gaan inskryf en vasberade is om die kollig te steel. Kan ’n dork soos Nikki vir die gewildste meisie in die skool ore aansit? Laat die katgeveg vir die kollig begin . . .
NB Publishersadded a book to the bookshelfHuman & Rousseau6 months ago
Brandon doen vrywilligerwerk by ’n diereskuiling en dit verbaas Nikki nie. Hy’s so oulik — natuurlik sal hy die arme honde wil help. Maar dan hoor sy hulle wil die skuiling toemaak. Wanneer haar skool ’n skaatskompetisie hou om geld vir liefdadigheid in te samel, besluit Nikki sy en Chloe en Zoey moet die skuiling help. Kan sy betyds van ’n dork-op-ys na ’n prinses-op-ys verander om die kompetisie te wen en die diere te red?
NB Publishersadded a book to the bookshelfHuman & Rousseau7 months ago
Nikki begin uiteindelik in haar nuwe skool aanpas. Sy het twee cool vriende en Brandon het haar uiteindelik begin raaksien. Nikki wil saam met Brandon na die skooldans gaan, maar wanneer MacKenzie begin spog dat sy saam met Brandon gaan, besluit Nikki om liewer na haar sussie se partytjie te gaan. Later vind sy uit dat MacKenzie gejok het, en Nikki besef haar droom om saam met Brandon dans toe te gaan kan waar word. Maar hoe woon jy twee partytjies tegelyk by?
NB Publishersadded a book to the bookshelfHuman & Rousseau7 months ago
Nikki Maxwell is nie gewild nie. Eintlik is sy die teenoorgestelde van gewild. Sy’s ’n absolute dork! Nikki hoop sy kan vriende by die nuwe skool maak en dat haar dorkdae nou verby is. Maar die lewe is nie so eenvoudig nie. Wanneer sy vir die kunskompetisie inskryf, vind sy uit dat die mislikste meisie in die skool ook nou haar grootste kompetisie is! Wat staan 'n dork te doen? Lees Nikki se dagboek vol drama en dinge en maak reg om die dork in jou ’n drukkie te gee.
NB Publishersadded a book to the bookshelfHuman & Rousseau7 months ago
Mario is die skool se rekenaarspeletjie-kampioen. Maar wanneer hy deur 'n eienaardige nuwe speletjie weggevoer word na die kuberruim, moet hy veg vir sy lewe. 'n Geheimsinnige wese genaamd Gigabyte verduidelik dat hy na die sewe wonders van die antieke wêreld moet reis om ses goue muntstukke te vind, voordat hy kan terugkeer huis toe. Lewensgevaarlike uitdagings wag op hom . . .
'n Kies-jou-eie-avontuur-storie propvol avontuur en naelbyt-aksie!
NB Publishersadded a book to the bookshelfHuman & Rousseau8 months ago
Billy is one of four finalists chosen in the Wild2Save competition to spend a weekend in the Kruger Park. Their hosts, Bokkie and Schalk Kriek, promise a weekend exploring the bushveld and viewing the amazing wildlife. But on their first night they come face to face with a group of ruthless poachers and land in grave danger. Who is the mysterious boy, and the anonymous “Hornblower”? Will they help the four friends expose the villains and save the rhino?
NB Publishersadded a book to the bookshelfHuman & Rousseau8 months ago
Wim Vermaak se lewe is onderstebo. Hy is op die punt om Graad 9 te dop, omdat sy aandag in die LO-klas afgetrek word deur 'n meisie. Sy tweelingsussie wil opsluit deel word van Mars One sending na Mars. Hul verstrooide ouma val vir 'n internetslenter en dan is daar Harold, sy ma wat kuns doseer se menslike geraamte, wat die studente in opstand bring en konflik tussen sy ouers saai. Dalk is Wim se LO-taak die antwoord om dinge weer op koers te kry.
NB Publishersadded a book to the bookshelfHuman & Rousseau8 months ago
All sixteen-year-old Naomi wants to do over December is read books and avoid other people. Jeffreys Bay promises the perfect drama-free holiday. But when she encounters the strange and imaginative Elize on the beach, everything changes. Elize, however, isn’t the first to notice the awkward, red-haired newcomer and soon Naomi finds herself caught between a blue-eyed local surfer and Elize's dark and mysterious brother. But what if Naomi is drawn to someone altogether different . . .
NB Publishersadded a book to the bookshelfHuman & Rousseau8 months ago
Die ongeluk het Kylie se lewe uitmekaargeruk. Nie net het sy haar linkerhand verloor nie, maar haar jonger sussie, Lieke, is vir altyd weg. Boonop is sy die een wat al vir maande lank haar ma se geheim moet ronddra.
'n Onbeplande road trip saam met haar eksentrieke skrywer-oupa en sy aantreklike jong assistent, Lee, bied vir Kylie die perfekte kans om te ontsnap. En miskien is dit haar geleentheid om iets vir Lieke te doen; om 'n paar goed op haar sussie se bucket list af te merk: photobomb iemand famous, leer om te surf, maak 'n verskil, plant 'n boom, soen 'n mooi ou …
Dit word 'n vakansie wat Kylie nooit sal vergeet nie. 'n Reis terug na haarself, na heelword. Maar ook 'n reis deur alles wat hierdie deurmekaar lewe op 'n mens se pad bring: hartseer, verlies, skoonheid, liefde . . .
NB Publishersadded a book to the bookshelfHuman & Rousseau9 months ago
In hierdie omnibus, wat nóg drie gewilde Trompie-stories bevat, word die sproetgesig Grootkaptein en die Boksombende se avonture voortgesit. Trompie moet veg vir sy plek as spankamptein van die rugbyspan, veral wanneer sy vyand, Gerrit Moerdyk, almal teen hom draai. Trompie en sy maats bak ook vir die wetenskaponderwyser 'n poets en Trompie skryf in vir 'n kompetisie wat 'n reis Kaap toe as prys aanbied.
NB Publishersadded a book to the bookshelfHuman & Rousseau9 months ago
Vandat Megan kan onthou, maak haar broer se beste vriend, Dewald, haar knieë lam. Nou is Stefan en Dewald op universiteit en slaan glo al die meisie se voete onder hulle uit. Sy is seker daar is al ʼn geheime ondersteunersgroep op kampus gestig vir meisies wie se harte deur die twee gebreek is. Gedurende die Desembervakansie op Paternoster sukkel Megan al hoe meer om haar gevoelens weg te steek. Maar haar oorbeskermende broer sal nooit toelaat dat daar iets tussen haar en Dewald gebeur nie.
Vir ’n groot gedeelte van Dewald se hoërskoollewe het Megan elke aand die hoofrol in sy drome gespeel. Eers was sy net Megan, sy beste pel se kleinsus, maar elke jaar moes hy toekyk hoe sy uit haar awkward stages groei en net mooier en mooier word. Maar Guy Code 101, soos ons almal weet, sê jy date nie jou beste pel se kleinsus nie …
Hierdie romantiese reeks met heelwat avontuur, aksie en hartstog sal lesers vasgevang hou tot die laaste bladsy!
NB Publishersadded a book to the bookshelfHuman & Rousseau9 months ago
Sommer van die begin af gebeur snaakse dinge op die plaas Arep, in die Klein Karasberge, waar ses jongmense vir die herfsvakansie kamp. Uschi von Kritzner, ’n Duitse meisie, gaan met behulp van haar e-posvriend, Wessel de Lange, na Namibië om na die graf van haar oupagrootjie, wat in die Duits-Nama oorlog op Arep gesneuwel het, te soek. Jurgen, die plaaseienaar se seun, het sy hande vol om almal tevrede te hou, en Lukas, Namakleinseun van oorlede Frik Visioen wat vir jare op die plaas gewerk het, is besig om almal vir die gek te hou – of dra hy ’n lastige geheim met hom saam? Toe die Arep eindelik sy geheime prysgee, is dit veel anders as waarop hulle gereken het.
NB Publishersadded a book to the bookshelfHuman & Rousseau9 months ago
In die laaste omnibus in hierdie reeks, wat nóg drie gewilde Saartjie-stories bevat, word Saartjie Baumann, die langbeenmeisie met die wipneus, kuiltjies in die wange en duisende duiweltjies in haar oë, se avonture voortgesit. Saartjie verdedig haar boetie, Apie, wanneer hy van diefstal beskuldig word, sy moet ook tussen haar boesemvriendin en 'n koshuismeisie kies as kaptein van die netbalspan en sy neem deel aan 'n groot kompetisie wat 'n reis na Amerika as prys aanbied.
NB Publishersadded a book to the bookshelfHuman & Rousseau9 months ago
Die laaste omnibus in hierdie reeks bevat nóg drie gewilde Trompie-stories. Die sproetgesig Grootkaptein en die Boksombende se avonture voortgesit en Trompie en sy maats besluit om in die kloof te gaan swem en dan teen die berg op te klim en die grotte daarbo te verken. Trompie ontmoet ook die mooiste meisie wat hy nog ooit gesien het en ding mee teen sterk kompetisie in die atletiekspan.
NB Publishersadded a book to the bookshelfHuman & Rousseau9 months ago
Kwaaikofski is 'n privaatspeurder. Hy het nou eenmaal 'n talent daarvoor. Gee hom 'n glas melk, Carpenters kougom en sy spesiale kep en hy is gereed vir enigiets! Hierdie omnibus bevat drie van Speurder Kwaaikofski se gewildste avonture vir beginnerlesers. Kwaaikofski moet uitvind waarom sy gunsteling-kougom uit Olga se winkel verdwyn, die geheim van 'n vlieënde blou rubberkoei ontrafel en 'n vreemde pienk spook op die skoolgronde vastrek.
NB Publishersadded a book to the bookshelfHuman & Rousseau9 months ago
In hierdie omnibus, wat nóg drie gewilde Saartjie-stories bevat, word Saartjie Baumann, die langbeenmeisie met die wipneus, kuiltjies in die wange en duisende duiweltjies in haar oë, se avonture voortgesit. In hierdie omnibus, wat nóg drie gewilde Saartjie-stories bevat, ontmoet Saartjie vir Clara, 'n dogtertjie met polio, en sy kruip sommer gou in Saartjie-hulle se harte. Daar kom ook 'n wêreldberoemde sirkus na Linnekom en sorg vir groot opwinding. Saartjie dink ook dat sy haar droomman ontmoet het wanneer 'n beroemde rugbyspeler kom kuier.
NB Publishersadded a book to the bookshelfHuman & Rousseau9 months ago
Volgens Clayton se pa en sy nuwe verloofde is hy 'n probleemkind. Hy word na 'n eksklusiewe rehabilitasiekamp vir tieners gestuur, maar dis nie net die streng sekuriteit en geheimsinnige personeel wat aandui iets is nie pluis nie. Clayton is vreesbevange vir die digte bome wat die kamp omring en snags sluip vreemde gediertes in die woud rond. En dan begin van die tieners verdwyn. . .
NB Publishersadded a book to the bookshelfHuman & Rousseau9 months ago
Pippa kry nog altyd nagmerries oor haar grootste vrees: spinnekoppe. Net voordat sy hulle plaas, Moordkuil, in die Karoo verlaat om ’n nuwe skooljaar in ’n koshuis in die Paarl te begin, word die gemummifiseerde liggaam van ’n meisie in ’n bergskeur op die plaas ontdek. Is dit die liggaam van haar pa se vermiste suster? Tot Pippa se skok, is haar nuwe kamermaat gaande oor spinnekoppe. En hoekom voel dit asof die mummie haar skool toe gevolg het?
NB Publishersadded a book to the bookshelfHuman & Rousseau9 months ago
Nie lank nadat die dertienjarige Miek saam met sy ouers in Vreesbaai kom woon nie, begin vreemde dinge gebeur. Nie net is hierdie kusdorpie permanent toe onder digte mis nie, maar Miek word skielik gedurig gekonfronteer met sy grootste vrees: 'n monsteragtige, woedende hond. Gou lyk dit ook asof sy nuwe vriende by die skool elkeen 'n geheim met hulle saamdra. Kan dit wees dat al die kinders op Vreesbaai deur iets afgrysliks geterroriseer word? Die eerste titel in 'n heerlike nuwe reeks grilstories vir jong lesers.
fb2epub
Drag & drop your files (not more than 5 at once)