af
Elizabeth Wasserman

Die dingesfabriek 1: Jannus en Kriek op die maan

Notify me when the book’s added
To read this book, upload an EPUB or FB2 file to Bookmate. How do I upload a book?
Jannus en Kriek Knoets is min of meer agt jaar oud, en hulle is ’n tweeling. Die Knoets-gesin woon in Huis Deurmekruis, onder afrit 7 van die snelweg, naby die dokke in ’n groot stad. Hulle ouers is Knersius en Soetlief Knoets.

Knersius is die speltoetser van ’n groot boekuitgewery. Soetlief is ’n gevaarlike spioen. Die tweeling se troeteldier is ’n meerkat met die naam van Meneer Snoek. Maar seker die belangrikste karakter in die verhaal, behalwe die tweeling natuurlik, is hulle oupa.

Hy is ’n avonturier, ’n uitvinder en ’n baie onvoorspelbare ou man. As hy nie iewers anders is nie, bly hy onder Huis Deurmekruis in ’n soort kelderverdieping, waar hy allerhande interessante dinge doen en goeters uitvind in sy laboratorium.

Sy brein is so groot en so besig dat dit vir hom moeilik is om aandag aan gewone dinge te gee. Miskien raak hy net bietjie deurmekaar van ouderdom, want hy noem alle ingewikkelde goed “dinges”. Hierdie boek vertel hoe Jannus en Kriek hulle oupa beter leer ken, en die storie van hulle eerste avontuur saam.
This book is currently unavailable
100 printed pages
Original publication
2014
Publication year
2014
Have you already read it? How did you like it?
👍👎
fb2epub
Drag & drop your files (not more than 5 at once)