af
Danie Marais

Al is die maan 'n misverstand

Notify me when the book’s added
To read this book, upload an EPUB or FB2 file to Bookmate. How do I upload a book?
Waar sy debuut hoofsaaklik handel oor die verbrokkeling van ’n huwelik in Duitsland — sy “break-up album” — is Al is die maan ’n misverstand ’n tuiskoms, nie net op eie bodem nie, maar ook in ’n nuwe verhouding. Tog is Marais se poësie allermins geluksalig — verlorendheid is steeds die gevoel wat sy digterlike instink onderlê. Hier is praatverse, verse wat doelbewus ingeskryf is teen die gedrae en verhewe metriese trant wat tradisioneel die Afrikaanse poësie kenmerk. Soos die poësie van Raymond Carver is dit verse wat klink soos ’n intieme gesprek, verse wat die indruk laat dat dit omgee vir almal van ons se verlangens en verlorenthede. Die subtiele krag van Marais se poësie lê in die wyse waarop dit as’t ware die leser se vinger neem om die teksture van gevoel na te trek. Met sy debuut het hy die onweerstaanbaarheid van hierdie tegniek gevestig en in sy tweede bundel voer hy dit tot nog oorrompelender uiterstes.
This book is currently unavailable
58 printed pages
Original publication
2011
Publication year
2011
Have you already read it? How did you like it?
👍👎
fb2epub
Drag & drop your files (not more than 5 at once)