af
Ingrid Winterbach

Die Aanspraak van lewende wesens

Notify me when the book’s added
To read this book, upload an EPUB or FB2 file to Bookmate. How do I upload a book?
Wenner van NB-uitgewers se Groot Afrikaanse Romanwedstryd 2012:Komies, hartroerend, meditatief, verruimend! Hierdie kick-ass roman bied ’n priemende blik op twee parallelle reise: ’n man en ’n vrou elk op soek na die oorsake van ’n broer en ’n suster se ondergang.Na ’n onthutsende oproep van ene Josias Brandt, vertrek Karl Hofmeyr teësinnig om sy broer, Iggy, wie se kop skynbaar uitgehaak het, te hulp te snel. Karl – heavy-metal-fan de luxe – se reis word vertraag deur sy obsessies wat hom in verskillende situasies lelik kniehalter. Maria Volschenk word op ’n dag oorval deur ’n groot leegte. Sy reis na die Wes-Kaap op ’n sending waarteen sy lankal opsien, in ’n poging om hierdie beleërende leegte af te weer. Die twee verhaallyne vloei saam op ’n onwaarskynlike stadsplaas iewers in Kaapstad, waar die broer, Ignatius Hofmeyr, in ’n bitter tweestryd met die onpeilbare Brandt-kêrel gewikkel is. Die beoordelaars se lof:“Die roman se krag is geleë in die digte tekstuur … [dit] bereik ’n uitsonderlike kompleksiteit.” – Louise Viljoen“… die opwindendste taalgebruik: skreeusnaaks soms, altyd raak, altyd gepas vir die aard van die prosa. – Willie Burger“Wat mens bybly, is die uitreik na die boweaardse, die worsteling om nuwe dimensies van die gees. ’n Roman wat ’n durende verwysingspunt in die Afrikaanse letterkunde kan wees. – Linda Rode
This book is currently unavailable
279 printed pages
Original publication
2012

Impressions

How did you like the book?

Sign in or Register
fb2epub
Drag & drop your files (not more than 5 at once)