af
Annelie Ferreira

Maar Tintin in Tibet

Notify me when the book’s added
To read this book, upload an EPUB or FB2 file to Bookmate. How do I upload a book?
Dit net heeltemal way out buite die kwessie dat jou dominee-pa by jou flat opdaag en sê jy moet saam met hom Beaufort-Wes toe ry omdat ’n messias daar gesien is. Of liewer, normaalweg is dit. Maar as jy pas met jou Golfie agter in ’n karretjie van die Jack and Jill Driving School vasgery het en jou girlfriend kom daarna met die storie dat julle nie meer die naweek alleen Struisbaai toe kan gaan nie . . . dan, ja … Dan klim jy maar in jou pa se ou Merc in; luister maar na Radio Kansel en sy gemoun oor wat alles fout is met die land en wag maar geduldig dat die selfoon in jou sak vibreer met ’n SMS van jou girlfriend. Die ding is net dat jy dan ook agterkom dat dinge baie vinnig baie ingewikkeld kan raak. Jy kom byvoorbeeld agter jou pa het ’n pistool in die cubbyhole, dat jou doodgoeie ma – predikantsvrou! – uithang met ’n vrou wat nie bra dra nie, jou girlfriend vir ’n ruk net wil wegkom van alles, veral van jou, en dat die messias waarna jy en jou pa op pad is – wag hiervoor! – ’n swart seun is. Hop op. Die trip op die N1 van Stellenbosch na Beaufort-Wes was nog nooit so weird and wonderful soos dié een saam met Annelie Ferreira nie. Dit is soos om van die betaalfoon van ’n B&B op Laingsburg in die donker in te bel en . . . by jouself uit te kom. En in die middel van nêrens, kom jy agter, sien jy óf jou gat, óf ’n wonderwerk.
This book is currently unavailable
139 printed pages
Original publication
2013
Publication year
2013
Have you already read it? How did you like it?
👍👎
fb2epub
Drag & drop your files (not more than 5 at once)