af
Peter van Noord en Karin Eloff

Skarlakenkoors

Notify me when the book’s added
To read this book, upload an EPUB or FB2 file to Bookmate. How do I upload a book?
Die woordeboek sê die erotiek gaan oor al die verskynsels en gevoelens van “sinlike” liefde, en oor die kuns “om lief te hê”.Die erotiek was nog altyd met ons en sal altyd met ons wees – nie net in die slaapkamer nie, maar ook in vele mooi dinge in die wêreld om ons: ’n Rodin-beeldhouwerk, ’n Picasso-skildery, ’n Dvorák-simfonie, ’n Zefferelli-rolprent, ’n Ferrari-ontwerp of Alexander McQueen-tabberd. Maar erotiek het nie altyd met die liefde te make nie. Soms is dit sinloos, sedeloos, waansinnig en onsinnig… Erotiek hoef nie noodwendig sag, pienk en romanties te wees nie. In Afrikaans het ons al bundels gehad wat dié onderwerp ondersoek – dink maar aan Lyfspel/Body Play (1994), Rachelle Greeff se versameling erotiese verhale deur vroue; Johann de Lange en Antjie Krog se bundel Die dye trek die dye aan (1998), en meer onlangs was daar Maanvrug en Slavin deur Annelise. Tafelberg se erotiese bundel, Bloots, het op die rak verskyn net mooi toe Fifty Shades of Grey die wêreld stormenderhand verower het. Perfekte tydsberekening, nè. Nou vra Tafelberg opnuut ’n magdom mense om hulle erotiese verhaal vir ons te vertel, want in Afrikaans het ons nog lank nie die erotiek uitgesê nie: Daar’s ou hande en nuwe stemme; digters, joernaliste, skrywers, sangers, sakemense, sosiale vlinders, sekskatjies, tuiniers, politici, komediante, kosmense, kerkmense, kunstenaars, kommentators, ekonome, en regisseurs. Daar’s ma’s en pa’s, oumas en oupas, weduwees en wewenaars, ougetroudes, geskeides, alleenlopers. Van hulle is bekend, ander minder bekend.

Skarlakenkoors, die wildste en wydste versameling erotiese verhale in Afrikaans, sal beslis jou bloeddruk laat styg . . .
This book is currently unavailable
270 printed pages
Original publication
2013
Publication year
2013
Have you already read it? How did you like it?
👍👎
fb2epub
Drag & drop your files (not more than 5 at once)