af
Books
Lizet Engelbrecht

Liefde in die skemering

Monique se passie is verpleging en haar pasiënt, die ryk ou Matty Olsen, se welsyn is haar enigste prioriteit – of dit wás totdat sy vir Joseph ontmoet het. Hy is ’n man met geheime en ’n misterieuse geskiedenis. Hy’s net moeilikheid, en sy probeer holderstebolder om die emosies dood te druk wat sy onsekere bruin oë in haar aanwakker. Maar Joseph is ’n gas in oom Matty se huis en toe hy oornag “kleinkindstatus” verkry, kom Monique se handskoene af – sy duld nie fortuinsoekers nie! Sy weet Joseph wil oom Matty net gebruik om agter die kap van die byl te kom wat sy eie geskiedenis betref, terwyl sy tot die dood vir oom Matty sal veg.Vonke spat tussen die twee uiterstes: Joseph wat op soek is na ’n verlede en sy wat hare probeer vergeet. Hulle is gewikkel in ’n wedloop teen die waarheid, en Monique moet byna met haar lewe boet . . .
180 printed pages
Original publication
2012
Publishers
Tafelberg, Satyn

Impressions

How did you like the book?

Sign in or Register
fb2epub
Drag & drop your files (not more than 5 at once)