af
Willem Anker

BUYS

Notify me when the book’s added
To read this book, upload an EPUB or FB2 file to Bookmate. How do I upload a book?
Coenraad de Buys is die gevaarlikste man in die Kolonie. Op agtjarige ouderdom het hy sy eerste grens oorgesteek en sy ouerhuis agtergelaat. Huis-uit, Kaap-uit, beskawing-uit. Uiteindelik wêreld-uit. Vanaf die Langkloof swerf die legendariese Buys deur die onrustige landskap van die laat sewentienhonderds. Buys is trekboer, grootwildjagter, Khula die Grote, Koning van die Basters, sewevoet-rampokker, veelwywer en pes van die owerheid. Oral verwek hy kinders; oral sluit rowers en weglopers by hom aan – ’n ganske Buysvolk. Hy steel vee en vroue, smokkel gewere, sweep grensboere op teen die VOC en al wat Empire is; hy tolk tussen Nederlander en Xhosa en praat deurgaans net sy eie woorde. En oral op sy drosterpad is daar die honde, altyd die honde en die af-oor gedierte wat Buys se jeukvoete op die pad gesit het. Op Buys se spoor, in sy kop, om sy kampvuur draai die kwylende bekke rond. Buys is ’n roman oor grense en oor grond. Dit vertel waar ons vandaan kom.
This book is currently unavailable
474 printed pages
Original publication
2014
Publisher
Kwela

Impressions

How did you like the book?

Sign in or Register
fb2epub
Drag & drop your files (not more than 5 at once)