af
Kristel Loots

’n Ander vrou se rok

Notify me when the book’s added
To read this book, upload an EPUB or FB2 file to Bookmate. How do I upload a book?
Zia is nie ’n natuurlike blondine nie, maar sy doen haar bes om funky te wees. Sy dra way-out tweedehandse ontwerpersklere wat sy by liefdadigheidswinkels koop. Dis net dat ’n ander vrou se rok nie aldag so lekker aan haar lyf of in haar lewe pas nie. Want Zia bars uit haar nate op meer as een manier.
Sy is nou eenmaal nie haar perfekte niggie nie, al hét sy ook ’n kêrel. Met ’n poegie. Karel is haar kêrel. Maar net op mooiweersdae. Toe Zia se onderwysloopbaan met ’n hengse knal in haar gesig ontplof, hou Karel hom skaars. Want hy wil eintlik ’n ordentlike vrou hê, een wat nie skandes maak nie.
Ouma Betta wil ook van haar ’n goeie Afrikanervrou maak sodat sy tog net nie soos haar ma sal uitdraai nie. Maar Zia maak ’n nasionale sport van elke faux pas in die boek.
Zia sou nooit kon raai hoe kreatief haar lewe nog sou word toe sy die dag by Creative Creatures se glasdeur instap nie. Of dat ’n man wat soos ’n winkelpop lyk haar hart op hol sou kry nie. Sy weet Jack de Villiers kies sy meisies om by sy dasse te pas, maar sy kan hul chemistry nie ontken nie.
This book is currently unavailable
249 printed pages
Original publication
2015
Publication year
2015
Have you already read it? How did you like it?
👍👎
fb2epub
Drag & drop your files (not more than 5 at once)