af
Helena Hugo

Haar naam is Ragel

Notify me when the book’s added
To read this book, upload an EPUB or FB2 file to Bookmate. How do I upload a book?
Ragel Naudé het naam gemaak as kunstenares, maar sy werk nie meer nie. Sy is nog lief vir haar man, sy het hom nodig, maar kan nie na hom uitreik nie. Sy is depressief en getraumatiseer ná die dood van hul kleuterseuntjie. Sy stry teen God, niks maak meer saak nie, behalwe die herinnering aan sy kort lewetjie. Sy en Stephan dryf uitmekaar, Tienie, wat soos ’n moeder vir haar is, kan nie meer tot haar deurdring nie, ook nie haar beste vriendin, Anke nie. Sy lig nie meer ’n potlood of ’n kwas op nie, sy maak nie huis skoon nie, sy gaan nie meer haarkapper toe of winkels toe nie, sy versorg haarself nie meer nie. Maar sy word gedwing om tandarts toe te gaan en daar in die spreekkamer waar sy die eerste keer in maande tussen ander mense sit en luister na hulle gesprekke, besef sy dat sy iets moet doen aan haar willose bestaan. Terug by die huis vat sy hier en daar en gooi goed in tasse en bokse, laai haar kar vol en kies koers sonder om vir iemand te sê dat sy weggaan. Vir haar man los sy ’n briefie dat hy haar nie moet soek nie, want sy is weg om haarself te gaan soek. Ragel beland op ’n klein dorpie waar sy met erger verdriet as haar eie te doen kry. Sy ontmoet ’n vrou wie se dogtertjie verkrag en vermoor is en wat net soos sy nie kan ophou treur nie. Geleidelik leer die twee vroue wat die sin van lyding is en hoe God in Jesus kan troos.
This book is currently unavailable
277 printed pages
Original publication
2013
Publication year
2013
Have you already read it? How did you like it?
👍👎
fb2epub
Drag & drop your files (not more than 5 at once)