af
Erika Murray Theron

Stippellyn

Notify me when the book’s added
To read this book, upload an EPUB or FB2 file to Bookmate. How do I upload a book?
Sy het gedink dit was verby; ’n hoofstuk van haar lewe wat afgesluit is, maar toe sien sy uit die hoek van haar oog die gestalte by die begrafnisdiens inloop, ’n lang, benerige man met ’n effens ongekoördineerde manier van beweeg. Lana raak oombliklik naar en lighoofdig van die skrik. Dit is asof sy in ʼn yskoue stilte inplons, tuimel deur die afsondering en bo-aardse stilte van water, en vir altyd net daar wil bly.

Lana sal mettertyd agterkom dat herlewing en die dood dikwels dieselfde skokeffek het, en dat dit dan bitter moeilik is om vas te stel wat die begin en wat die einde is.

Erika Murray-Theron stuur haar karakters met soveel intelligensie en subtiliteit op hul lewensweë dat Stippellyn die gewaarwording bring van ’n ontdekking van die lewe self.
This book is currently unavailable
241 printed pages
Original publication
2014
Publication year
2014
Have you already read it? How did you like it?
👍👎
fb2epub
Drag & drop your files (not more than 5 at once)