af
Marlene van Niekerk

Agaat

Notify me when the book’s added
To read this book, upload an EPUB or FB2 file to Bookmate. How do I upload a book?
Die lotgevalle op die plaas Grootmoedersdrift ontvou deur ’n reeks lewensbepalende verskuiwings van mag en behoefte tussen vier intiem verbonde mense. Milla Redelinghuys, idealistiese erfgenaam van die familieplaas, word op gruwelike wyse ontnugter in haar huwelik met MooiJak de Wet. Agaat Lourier, vir wie Milla met ’n streng en liefdevolle hand opgevoed het tot huishoudster en kinderoppasser, beheer die mense en die boerdery op toenemend tirannieke wyse. Jak herken homself oor die jare met stygende verontwaardiging, as die slagoffer van niksontsiende manipulasie deur die twee vroue van die huis. En Jakkie, hulle enigste seun, verlaat uiteindelik die land as politieke vlugteling om in Kanada heenkome te soek en homself as etnomusikoloog te bekwaam. Hierdie geskiedenis word onthul terwyl Milla – verlam en van spraak ontneem deur motorneuronsiekte – versorg word deur ’n diep bedroefde en wraaksugtige Agaat, nou in haar middeljare.

In Agaat – ’n teer en oorrompelende roman oor plaasvroue, in nood aangewese op mekaar – gee Marlene van Niekerk ’n ontstemmende blik op ’n halfeeu se Afrikaanse landskap, soos gekenmerk deur ontwrigte, verminkte menslikheid maar ook deur nooitaflatende hoop.

Die uitsterste grensgebiede van intimiteit word verken. Hoe word daar afskeid geneem en gesterwe? Deur watter soort genade? Wat is die ware aard van wat mens so maklik “liefde” en “sorg” noem?
This book is currently unavailable
802 printed pages
Original publication
2013
Publication year
2013
Have you already read it? How did you like it?
👍👎
fb2epub
Drag & drop your files (not more than 5 at once)