af
Magdel van Tonder,Marietta Murray,Rina Lamprecht,Annette Ligthelm,Sylvia Plaatjies

Piekfyn Afrikaans Leerderboek Graad 7 Huistaal

Notify me when the book’s added
To read this book, upload an EPUB or FB2 file to Bookmate. How do I upload a book?
Piekfyn Afrikaans Graad 7 is gemik op leerders wat Afrikaans as Huistaal neem. Dit bevat interessante en kontemporêre leerstof en piekfyn illustrasies om jou visuele geletterdheid te ontwikkel. Al die taalinhoud, aktiwiteite, speletjies en ander oefeninge word met dié van ander vakke geïntegreer sodat die kennis wat jy opdoen, jou ervaringswêreld verryk en jou sodoende deeglik voorberei vir graad 8.

Die aktiwiteite is gerig op jou verwerwing van al die taalvaardighede en lewensvaardighede. Kort tekste, prente, gedigte, strokies, woordspeletjies, slagspreuke en hope ander lekkerlees en doendinge is jou voorland. Omrede jy self, saam met maat of in groepe jou en ander se werk gaan assesseer, bly jy deurgaans op hoogte van jou vordering. Jy word deurlopend blootgestel aan luister, praat, lees, kyk, skryf en jy word uitgedaag om Afrikaanse taalstrukture speels, kreatief, vloeiend en ekspressief te gebruik. Afdelings soos Pitkos, In ʼn neutedop en die piekfyn Indeks gaan jou voorbereiding vir enige soort taak seepglad laat verloop.

Geniet ʼn Piekfyn-leerervaring!
This book is currently unavailable
821 printed pages
Publication year
2013
Have you already read it? How did you like it?
👍👎

Quotes

  • djeschlechterhas quoted7 years ago
    Ons begin die jaar met twee volksverhale – een vir luister en een vir lees.
    Jy leer die kenmerke van ’n literêre teks, beskou ’n sepieteks en kameraskote van nader en werk in groepe saam om probleme op te los.
    Saam met al die tekste en opdragte draf jy selfstandige naamwoorde, byvoeglike naamwoorde, klankleer, afkortings, akronieme en verkortings kaf. Afrikaans is ’n interessante en lewendige taal en die vrae gaan jou help om jou opdragte net so lewendig uit te voer.
    Jy gaan ook leeswerk doen wanneer jy die gedig “Fabel” van D.J. Opperman in jou Piekfyn Afrikaans Leesboek as wegspringplek gebruik om navorsing te doen.

    In hierdie aktiwiteit gaan jy
    luisterbegrip doen.
    Luister na ’n fabel en beantwoord vrae
    Hier is die riglyne wat jy moet volg
    ’n Fabel gaan een keer voorgelees word sodat jy ’n geheelbeeld kan kry. Jy mag geen notas maak nie.
    Daarna gaan die onderwyser die vrae saam met die klas deurlees. Die vrae gaan jou help om agter te kom wat belangrik is, sodat jy weet waarna jy moet oplet as die fabel vir ’n tweede maal voorgelees word. Jy mag nog steeds geen aantekeninge maak nie.
    Wanneer die onderwyser die luisterteks weer voorlees, mag jy notas op ’n aparte stuk papier maak. Skryf neer wat is hoofgedagtes en wat is bygedagtes.
    Hierna moet jy die vrae skriftelik beantwoord.

    Vrae
    1. Wie is die hoofkarakters van die fabel? (2)
    2. Skryf die gebeure in die storie in vier kort sinne neer. (4)
    3. Albei die karakters in die storie word deur mense as slim beskou. Watter een is die slimste in die verhaal? Hoekom sê jy so? (2)
    4. Wat het die jakkals gedoen om die kraai se aandag te kry sodat die kraai na hom luister? (1)
    5. Hoekom het die kraai sy bek oopgemaak? (1)
    6. ’n Fabel leer dikwels vir ’n mens ’n les. Watter les kan ’n mens hieruit aflei? (1)
    7. Dink jy hierdie les is vandag op ons ook van toepassing? Hoekom/hoekom nie? (1)
    8. Waar dink jy speel hierdie storie af? Hoekom sê jy so? (1)
    9. Aan watter van die twee karakters se kant is jy? Verduidelik jou antwoord. (2)
    Totaal: 15 punte

    Hervertel die storie aan ’n maat
    Julle het nou twee keer na die verhaal geluister. Kan jy die inhoud in die regte volgorde oorvertel? Vertel die storie aan ’n maat. Jou maat moet mooi luister en jou reghelp waar nodig. Dan is dit weer jou maat se beurt om oor te vertel. Let veral op:
    Die karakters en die volgorde waarin hulle praat moet reg wees.
    Die volgorde van gebeure moet ook reg wees.

    In hierdie aktiwiteit gaan jy
    ’n verhaal prelees en die leesproses volg
    leesbegrip doen
    selfstandige naamwoorde en byvoeglike naamwoorde identifiseer en toepas.
    Wanneer ons lees, volg ons die volgende prosedure. Gaan die verskillende stappe van die leesproses met jou onderwyser deur.
    Pitkos

    Die leesproses
    Prelees
    Voordat ons begin lees, gesels ons oor die teks en kyk na illustrasies, prente, die titel, subtitel en ander opskrifte – ons maak afleidings.
    Ons vluglees en soeklees tekskenmerke en hoofgedagtes.
    Ons maak voorspellings.
    Tydens lees
    Lees aandagtig om die inhoud te verstaan.
    Maak afleidings en bepaal die betekenis van onbekende woorde.
    Herlees en visualiseer die inhoud.
    Lei betekenis af en vra vrae.
    Som hoof- en ondersteunende gedagtes op.
    Postlees
    Vluglees en soeklees om vrae te beantwoord en afleidings en gevolgtrekkings te maak.
    Ontwikkel kritiese taalbewustheid, soos om te onderskei tussen feite en menings, direkte en geïmpliseerde betekenis raak te sien, te vergelyk en afleidings en gevolgtrekkings te maak.
    Prelees die volgende verhaal saam met ’n maat
    Lees die titel van die verhaal – wat beteken dit? Gee voorbeelde van ’n boodskap.
    Lees die subtitel – wat kan julle alles daaruit aflei?
    Kyk na die illustrasie by die verhaal – noem twee moontlike karakters in die verhaal.
    Waaroor dink julle gaan hierdie storie?

    Lees die verhaal saam met jou onderwyser deur.
    Die boodskap

    oorvertel deur George Weideman
    ’n Nama-variasie op die tema van hoe die dood in die wêreld gekom het.

    Dis die storie van Volmaan, Luis en Haas, en die boodskap wat Maan lank, lank gelede aan die mense gestuur het.
    Dit was nie sommer só ’n boodskap nie! Nee, dit was ’n baie belangrike boodskap. Want kyk, Maan gaan mos nie regtig dood nie. Sy kom weer; dit sien ons elke keer met volmaan. En vir die mensekinders wou Maan laat weet: “Net soos ék doodgaan, maar weer lewe, so sal julle ook doodgaan, en weer lewe.”

    Maan moes ’n boodskapper kry om die belangrike boodskap na die mense te bring, en dié boodskapper moes klein wees, en vinniger as vinnig. Ná wik en weeg besluit sy op Luis. Want sy het geweet Luis, die luiaard, sit net in ’n bossie se skaduwee en wag tot ’n boklam of die bokwagtertjie daar verbykom. Dan spring hy op en ry saam na die takkraal toe, daar waar die vure is, en dan is die boodskap sommer gou-gou by die mense. So, Luis het die boodskap gekry om te dra.
    Maar ongelukkig is Luis nie net lui nie – hy sien ook nie te goed nie.
    Toe Luis van Maan af weggaan met die boodskap, was dit nog nag. Hy het onder die eerste die beste graspol ingekruip. Daar het hy sy kans afgewag: kom staan ’n bok teenaan die graspol, dan het hy ’n ryding en dan is die boodskap so goed as by die mense.
    Toe die eerste skaduwee oor die graspol val, glip Luis uit, klim teen die skeenbeen voor hom op en klou vas. Maar aiiii . . . Luis het hom vreeslik misgis. Terwyl hy nog die boodskap oor en oor opsê sodat hy dit nie straks vergeet nie, raak die grond weg onder hom, en die tkaubome en die melkbosse raak klein onder hom.
    En toe sien hy eers: die bok het nie hare nie, maar vere. En toe hoor hy: kelkiewyn-kelkiewyn! Daar gaan sit die kelkiewyn anderkant die verste melkbos, en sy skud haar vere, en Luis trek met ’n boog deur die lug tot onder ’n biesiepol.
    Daardie aand stoot Maan haar kop tussen die melkbosse op die horison deur om te kyk of die mense al dans van vreugde oor die goeie boodskap. Maar dis stil, die vure brand laag en aan die gehuil van die kinders kan sy hoor iemand is weer baie siek. Toe weet Maan Luis het nog nie die goeie boodskap afgegee nie.

    Die derde dag, toe Luis tot bo in ’n volstruisdruiwebos klim, kom knabbel Haas aan die vet blaartjies. En Luis vertel hom van sy moeilikheid.
    Haas, wat baie nuuskierig is, wil dadelik weet wat die boodskap is. En Luis sê dit vinnig op: “Net soos ék, Maan, doodgaan, maar weer lewe, so sal julle ook doodgaan, en weer lewe.”
    Aha, dink Haas, dis so ’n vername boodskap . . . as ék dit aan die mense bring, sal ek Maan se guns wen. En hy bied terstond aan om Luis tot by die werf te vat.
    Maar hulle is skaars tot by die verste melkbosse of Haas skud sy karos links en regs in die wind – en daar trek Luis. En voor jy kan sê een-jakkals-het-’n-skewe-agterpoot! sê Haas gee pad voor, en hy roei so al wat hy kan werf toe om die boodskap vir die mense te bring.
    Maar waar Luis bysiende is, is Haas kortsigtig. Hy dink net aan die roem wat hy gaan verwerf met die vername boodskap. Hy sê nie die boodskap oor en oor op soos Luis sodat hy dit kan onthou nie, hy hol net dat sy ore en sy witkwasstertjie wip-wip oor die klippers en die graspolle.
    Maar aiiii, toe hy uitasem op die werf aankom, kan Haas nie die boodskap presies onthou soos Luis dit opgesê het nie. Hy sê dit oor en oor, maar hoe meer hy dit opsê, hoe meer raak die woorde deurmekaar.
    Vaal van die stof slaan hy op die werf neer en dit is die boodskap wat hy vir die mense gee: “Net soos ék, Maan, doodgaan, en dood bly, net so sal julle ook doodgaan, en heeltemal vergaan.”
    En die hele werf se mense gaan aan die weeklaag en hulle gooi sand en as oor hulle gesigte, en op dié oomblik blaas die baie, baie, baie siek man sy laaste asem uit.
    Toe Maan dié aand deur die verste melkbosse kyk, sien sy nie eens ’n enkele stomp hout brand nie. Die hele werf is verlate. Die takkraal is leeg. Daar is nie ’n sterfling te sien nie.
    En toe sy nader gaan, sien sy Luis nêrens nie, maar Haas dwaal nog daar by die vuurmaakplek rond en sê die verkeerde boodskap oor en oor op.
    Toe word Maan baie kwaad. Sy gryp ’n stuk uitgebrande stomp en slaan vir Haas deur sy gesig.
    Haas skrik so groot dat hy sy karos in die as van die vuurmaakplek laat val. Hy raap dit op en slaan Maan daarmee deur die gesig.
    Van toe af het Haas ’n gesplete lip, en die vaal asmerke lê vandag nog oor Maan se gesig.
  • djeschlechterhas quoted7 years ago
    die verste melkbos, en sy skud haar vere, en Luis trek met ’n boog deur die lug tot onder ’n biesiepol.
    Daardie aand stoot Maan haar kop tussen die melkbosse op die horison deur om te kyk of die mense al dans van vreugde oor die goeie boodskap. Maar dis stil, die vure brand laag en aan die gehuil van die kinders kan sy hoor iemand is weer baie siek. Toe weet Maan Luis het nog nie die goeie boodskap afgegee nie.

    Die derde dag, toe Luis tot bo in ’n volstruisdruiwebos klim, kom knabbel Haas aan die vet blaartjies. En Luis vertel hom van sy moeilikheid.
    Haas, wat baie nuuskierig is, wil dadelik weet wat die boodskap is. En Luis sê dit vinnig op: “Net soos ék, Maan, doodgaan, maar weer lewe, so sal julle ook doodgaan, en weer lewe.”
    Aha, dink Haas, dis so ’n vername boodskap . . . as ék dit aan die mense bring, sal ek Maan se guns wen. En hy bied terstond aan om Luis tot by die werf te vat.
    Maar hulle is skaars tot by die verste melkbosse of Haas skud sy karos links en regs in die wind – en daar trek Luis. En voor jy kan sê een-jakkals-het-’n-skewe-agterpoot! sê Haas gee pad voor, en hy roei so al wat hy kan werf toe om die boodskap vir die mense te bring.
    Maar waar Luis bysiende is, is Haas kortsigtig. Hy dink net aan die roem wat hy gaan verwerf met die vername boodskap. Hy sê nie die boodskap oor en oor op soos Luis sodat hy dit kan onthou nie, hy hol net dat sy ore en sy witkwasstertjie wip-wip oor die klippers en die graspolle.
    Maar aiiii, toe hy uitasem op die werf aankom, kan Haas nie die boodskap presies onthou soos Luis dit opgesê het nie. Hy sê dit oor en oor, maar hoe meer hy dit opsê, hoe meer raak die woorde deurmekaar.
    Vaal van die stof slaan hy op die werf neer en dit is die boodskap wat hy vir die mense gee: “Net soos ék, Maan, doodgaan, en dood bly, net so sal julle ook doodgaan, en heeltemal vergaan.”
    En die hele werf se mense gaan aan die weeklaag en hulle gooi sand en as oor hulle gesigte, en op dié oomblik blaas die baie, baie, baie siek man sy laaste asem uit.
    Toe Maan dié aand deur die verste melkbosse kyk, sien sy nie eens ’n enkele stomp hout brand nie. Die hele werf is verlate. Die takkraal is leeg. Daar is nie ’n sterfling te sien nie.
    En toe sy nader gaan, sien sy Luis nêrens nie, maar Haas dwaal nog daar by die vuurmaakplek rond en sê die verkeerde boodskap oor en oor op.
  • djeschlechterhas quoted7 years ago
    Maan moes ’n boodskapper kry om die belangrike boodskap na die mense te bring, en dié boodskapper moes klein wees, en vinniger as vinnig. Ná wik en weeg besluit sy op Luis. Want sy het geweet Luis, die luiaard, sit net in ’n bossie se skaduwee en wag tot ’n boklam of die bokwagtertjie daar verbykom. Dan spring hy op en ry saam na die takkraal toe, daar waar die vure is, en dan is die boodskap sommer gou-gou by die mense. So, Luis het die boodskap gekry om te dra.
    Maar ongelukkig is Luis nie net lui nie – hy sien ook nie te goed nie.
    Toe Luis van Maan af weggaan met die boodskap, was dit nog nag. Hy het onder die eerste die beste graspol ingekruip. Daar het hy sy kans afgewag: kom staan ’n bok teenaan die graspol, dan het hy ’n ryding en dan is die boodskap so goed as by die mense.
    Toe die eerste skaduwee oor die graspol val, glip Luis uit, klim teen die skeenbeen voor hom op en klou vas. Maar aiiii . . . Luis het hom vreeslik misgis. Terwyl hy nog die boodskap oor en oor opsê sodat hy dit nie straks vergeet nie, raak die grond weg onder hom, en die tkaubome en die melkbosse raak klein onder hom.
    En toe sien hy eers: die bok het nie hare nie, maar vere. En toe hoor hy: kelkiewyn-kelkiewyn! Daar gaan sit die kelkiewyn anderkant
fb2epub
Drag & drop your files (not more than 5 at once)