af
Marita van der Vyver

Die ongelooflike avonture van Hanna Hoekom (skooluitgawe)

Notify me when the book’s added
To read this book, upload an EPUB or FB2 file to Bookmate. How do I upload a book?
Hanna Hoekom is veertien, byna vyftien, en haar lewe is nie hoe sy wil hê dit moet wees nie. Haar ma, mallerige kunstenares wat sy is, het met ’n akteur met twee seuns getrou en nou is Hanna en haar halfboetie twee broers én ’n stiefpa ryker. En asof dit nie genoeg is nie, kry hul ma die simpel idee dat die hele gesin saam op “wittebrood” moet gaan — om mekaar beter te leer ken.
Hierdie leerdervriendelike skooluitgawe van Marita van der Vyver se Sanlam-pryswenner bevat ’n leesgids met • inligting oor die skrywer
• ’n inleiding tot die roman
• literêre begrippe
• hoofstukopsommings en woordelyste
• vrae en antwoorde
• assesseringsriglyne
This book is currently unavailable
251 printed pages
Original publication
2008
Publication year
2007
Have you already read it? How did you like it?
👍👎

Quotes

  • Petro Morkelhas quoted6 years ago
    Beyers noem dit Bloeiende vergeetagtigheid. Met ’n spottende grynslag. Ek is in elk geval te jonk om dit te onthou. Dank jou sterre, sê Beyers.

    Hy het nog altyd verhoogwerk verkies, maar deesdae is daar nie meer baie verhoogwerk vir middeljarige wit mans nie. Dees­dae is hy ook radio-omroeper, televisie-aanbieder, voorleser by kunstefeeste, seremoniemeester by sakekonferensies … Hy háát sakekonferensies, maar dis ’n manier om ’n paar rand te verdien. En hy meen dis beter as Bloeiende vergeetagtigheid.

    Maar dis nie waaroor ek wou skryf nie.

    Die res maak jy mos maar op. Soos Beyers sê.

    Liewe leser, ek wil vir my ’n lewe opmaak. Die lewe van ’n amper vyftienjarige meisie met ’n eksotiese naam soos Fabienne. Sy’s ek, maar sy’s ook nie ek nie. My alter ego, soos juffrou Lieben­berg dit noem. Juffrou Liebenberg is my Afrikaans-onderwyseres. Sy’s erg opgetrek met die opstelle wat ek inlewer. Wonderlike verbeelding! skryf sy in die kantlyn. Ek wil nou nie ondankbaar klink nie, maar ek sou meer gehou het van: Wonderlike skryfkuns!

    Ek meen, ek wéét ek het ’n vrugbare verbeelding. Soms dink ek dis die enigste ding aan my wat nie bloot gemiddeld is nie. Wat die res betref – voorkoms, lengte en gewig, atletiese vermoë (of onvermoë), punte in die klas, gewildheid onder skoolmaats – dis alles so-so
fb2epub
Drag & drop your files (not more than 5 at once)