af
Arien van der Merwe

Hanteer diabetes en verwante gesondheidskwessies

Notify me when the book’s added
To read this book, upload an EPUB or FB2 file to Bookmate. How do I upload a book?
Na raming het meer as 3,5 miljoen Suid-Afrikaners diabetes. Wêreldwyd het ongeveer 150 miljoen mense metaboliese sindroom (wat diabetes insluit) en dit dikwels sonder dat hulle dit eers weet… Suid-Afrikaanse mediese dokter, skrywer en kenner op die gebied van holisties geïntegreerde medisyne, dr Arien van der Merwe, verduidelik in hierdie tydige en maklik leesbare boek wat presies diabetes is, die simptome, en die verskillende soorte – tipe 1, 2 en 3, wat diabetes veroorsaak, van fisiologie tot emosies, wat pre-diabetes en insulienweerstandigheid is, hoe diabetes en metaboliese sindroom verwant is, hoe diabetes verband hou met hartsiektes, Alzheimers en depressie en die verskillende soorte medikasie. Sy verskaf praktiese oplossings oor hoe diabetes en verwante kwale bestuur kan word, deur onder meer leefstylaanpassings – van slaap tot ontspanning, die regte oefening, wat interval- en weerstandsoefeninge insluit, gesonde eetgewoontes en vas met tussenposes, die hanteer en bestuur van stres en die aanspreek van onderliggende emosionele aspekte. Dr Van der Merwe verduidelik die verband tussen jou liggaam, emosies en siel, en gee raad oor voedselaanvullers en kruiemiddels. Boonop bring dié boek ’n boodskap van hoop: Diegene met diabetes en metaboliese sindroom se bloedsuikervlakke en verwante simptome kán doeltreffend bestuur word, soms selfs omgekeer word, wat dit moontlik maak om ’n normale, aktiewe en lang lewe te lei.
This book is currently unavailable
330 printed pages
Original publication
2015
Publication year
2015
Have you already read it? How did you like it?
👍👎
fb2epub
Drag & drop your files (not more than 5 at once)