af
R.R.Ryger

101 Bakgat maniere

Notify me when the book’s added
To read this book, upload an EPUB or FB2 file to Bookmate. How do I upload a book?
Twee verhale in een, vertel in Ryger se eiesoortige wegholtrein-manier. Soms skokkend, soms bisar, soms histeries snaaks . . . nooit vervelig nie. Dit is die stem van die skrywer wat al deur skrywer/dramaturg Harry Kalmer “die meester van die moderne Afrikaanse kortboek” genoem is.
In Bloedlyn is Dirk Steyn, ondersoekende joernalis en skrywer oor die okkulte, op soek na ’n gebreklike ontkleedanseres. Dit bring Steyn in konfrontasie met sy eie verlede, en op pad skuur hy skouers met onder meer ’n satanistiese kultusleier, ’n kannibalistiese dwerg en ’n psigopatiese pastoor.

In Kaktushart beland die suksesvolle afrigter van die Springbok-rugbyspan, Walter Cronje, in die kloue van ’n groepie ekstremistiese kunstenaars wat van hom ’n kunswerk wil maak deur ’n kaktus in sy borsholte te plant. Die verhaal ondersoek die grense tussen verskillende groepe mense met uiteenlopende belangstellings, en dié tussen bewonderaar en held.

In Uys Krige se Sol Y Sombra staan daar: “En selfs as jy wakker is, is jou gees nie helder nie, maar troebel en verward, voel jy asof jy êrens weg van die aarde af is of in ’n tussengebied hang, beangsd, ylhoofdig”. Dit is in hierdie “tussengebied” waar 101 Bakgat maniere om te lewe en sterwe hom begewe.
This book is currently unavailable
255 printed pages
Original publication
2013
Publication year
2013
Have you already read it? How did you like it?
👍👎
fb2epub
Drag & drop your files (not more than 5 at once)