af
Ilna Stander

Best Books Studiewerkgids: Lien se lankstaanskoene vir Gr 12 EAT

Notify me when the book’s added
To read this book, upload an EPUB or FB2 file to Bookmate. How do I upload a book?
Best Books Studiewerkgids: Lien se lankstaanskoene

Hoe goed ken jy jou voorgeskrewe roman? Verstaan jy die inhoud en struktuur? Is jy reg om eksamen te skryf daaroor? Hierdie studiewerkgids is spesiaal saamgestel om leerders te help om Lien se lankstaanskoene, die voorgeskrewe roman vir Graad 12 Eerste Addisionele Taal, ten volle te verstaan en te geniet. Dit voldoen aan die voorskrifte van die Kurrikulum— en assesseringsbeleidsverklaring (KABV) en al die belangrikste aspekte van die roman word hierin gedek — in taal wat leerders verstaan.

Onthou! Die gids kan nie op sy eie gebruik word nie, want daar word die hele tyd na die roman verwys.

Wat maak ons studiewerkgidse anders?

Hierdie studiewerkgids is deel van ’n reeks. Soos die naam sê, is dit nie net ’n gids wat inhoud opsom, vertaal en bespreek nie, maar ook ’n werkboek waarin leerders aantekeninge kan maak. Dit maak hersiening vir die eksamen makliker en hou waardevolle notas bymekaar in een boek.

Inhoud van hierdie studiewerkgids

• Volledige hoofstukopsommings in Afrikaans sowel as bondige opsommings in Engels.
• Onderrigvrae oor feite en begrip (met ’n variasie stelwyses asook denkvlakke wat by die antwoorde aangetoon word).
• Praktiese voorstelle vir mondelinge sowel as kort stelwerkstukke.
• Skryfhulp vir vraestel 3 deur uitvoerbare mini-skryfoefeninge.
• ’n Maklike hersieningsvasvra.
• ’n Omvattende lys van woorde en idiomatiese uitdrukkings met hulle Engelse ekwivalente.

Alle studiewerkgidse in hierdie reeks is saamgestel volgens KABV-voorskrifte. Hierdie studiewerkgids sluit aan by Lien se lankstaanskoene, die goedgekeurde voorgeskrewe roman vir Graad 12 Afrikaans Eerste Addisionele Taal. ’n Volledige antwoordstel is verkrygbaar by www.bestbooks.co.za. [HYPERLINK]
This book is currently unavailable
200 printed pages
Original publication
2016
Publisher
Best Books

Impressions

    👍
    👎
    💧
    🐼
    💤
    💩
    💀
    🙈
    🔮
    💡
    🎯
    💞
    🌴
    🚀
    😄

    How did you like the book?

    Sign in or Register

Quotes

    Jean De Villiershas quoted4 years ago
    “Pieter en die Wolf” geskryf, asook die balletmusiek van “Romeo en Juliet”.)
    Opsomming
    •Toe Lien tuiskom, wonder sy geïrriteerd of haar ma werk toe was.
    •Haar ma luister in ’n wynwalm na ’n klavierkonsert van Prokofiëf.
    •Dit laat Lien die fliek “Dr Somebody” of iets (Dr Zhivago) met sy sneeutonele onthou en sy droom oor Rusland.
    •Christien Jooste was mooi, maar het haarself die laaste twee jaar verwaarloos.
    •Sy is slordig geklee, sonder grimering en haar hare is ongekam.
    •Lien pleit by haar ma om weer klavier te speel, maar sy skud net haar kop.
    •Lien skreeu dat sy die klavier vir kos gaan verkoop.
    Jean De Villiershas quoted4 years ago
    Hoofstuk 3: ’n Kakofonie van klanke
    Wie is Prokofiëf?
    Lees die artikels Prokofiëf se unieke klanke bly bekoor deur Louis Heyneman, asook Prokofiëf, honderd jaar na sy geboorte geëer, KLASSIEKE KLANKE deur Koos Human, beide in Die Burger se argief. http://152.111.1.87/argief/berigte/dieburger/2003/04/28/DB/4LDNk/08.html http://152.111.1.87/argief/berigte/dieburger/1991/06/03/6/3.html
    Kortliks: Hy was ’n Russiese komponis, pianis en dirigent, een van die groot komponiste van verskeie genres van die twintigste eeu, ten spyte van die tragiese teistering wat hy in sy eie land
    Braham Hillhas quoted5 years ago
    Voorwoord

    As onderwyser was die kloof tussen die klomp verskillende goedbedoelde hulpmiddels vir die klaskamer en die werklikheid van die skoolsisteem ’n frustrasie. Hierdie studiewerkgids vir matrieks met Afrikaans as Eerste Addisionele Taal sal alles makliker maak vir onderwyser en matrikulant. Die ideaal is dat elke leerder sy eie werkgids het en self daarin skryf soos die lees van die voorgeskrewe werk vorder en dat die gids daagliks in die klas nagesien word. Die gids kan in klasse tydens die skooldag, maar ook deur leerders wat op hulle eie werk, gebruik word, omdat antwoorde in ’n uithaalbare antwoordseksie agterin die boek geplaas is.
    Elke hoofstuk bestaan uit die volgende elemente:
    •’n volledige kolpuntopsomming in Afrikaans
    •’n effens korter Engelse kolpuntopsomming
    •onderrigvrae oor feite en begrip (met ’n variasie van stelwyses, asook denkvlakke wat by die antwoorde aangetoon word), maar wat ook as toets- of eksamenvrae kan deug
    •’n verduideliking hoe die hoofkarakter ontwikkel
    •’n verduideliking hoe die verhaal se struktuur ontvou
    •die vrae waaroor die leser na elke hoofstuk wonder (ook nuttig voor die hervat van lees)
    •praktiese mondelinge voorstelle, meestal kort stelwerkstuk-voorstelle
    •en boonop kort, broodnodige skryfhulp vir vraestel 3 deur uitvoerbare mini-skryfoefeninge.
    Daar is deurlopende interessanthede soos:
    •blokkiesraaisels
    •’n blitsvasvra
    •navorsing oor Norah Jones, die komponiste en musiekstukke
    •rolspelraai
    •en skribbels en illustrasies wat veral die visuele leser sal boei.
    Agterin die werkgids is
    •’n karakter-letterspel wat ’n suksesvolle en plesierige manier is om die hele klas saam oor die karakters te laat gesels
    •’n maklike hersieningsvasvra
    •en ’n omvattende lys van woorde en idiomatiese uitdrukkings en hulle Engelse ekwivalente.

On the bookshelves

    Kamogelo Sebego
    Afrikaans
    • 2
    • 1
fb2epub
Drag & drop your files (not more than 5 at once)