af
Audrey Blignault

Audrey Blignault

Notify me when the book’s added
To read this book, upload an EPUB or FB2 file to Bookmate. How do I upload a book?
Audrey Blignault was vir ’n paar generasies lesers die mees geliefde skrywer in Afrikaans. Dit is sy nog steeds. Uit die dagboek van ‘n vrou sal vir haar bewonderaars toegang bied tot haar gewilde essays wat lank reeds uit druk is. Dit sal ook nuwe lesers lok, want Audrey se aanslag is onweerstaanbaar: haar uitbeelding van ‘n bepaalde tyd en plek is onverbeterlik, telkens fyn waargeneem en sintuiglik ryk; haar deernis en begrip vir mense; die afwisseling van erns en humor, lewenswysheid, selfspot, refleksie, vreugde en verdriet. In haar geselskap beleef die leser nooit ‘n enkele oomblik van verveling nie. Hierdie versameling is uitgesoek deur Audrey se dogter, Marié Heese. Die soektog na essays wat Audrey se lewensverhaal in haar eie woorde vertel, het ‘n merkwaardige resultaat opgelewer. Verspreid oor die nege bundels uit haar Sarie-rubrieke, gepubliseer oor ‘n paar dekades, het Audrey haar lewe in sy volheid weergegee. Tesame met van haar verhale in Dit reën rose kan die leser met vreugde meeleef: haar kinderjare in Bredasdorp; studentejare, eerste huwelik, moederskap; die skok en stadige herstel ná die gruwelike ongeluk waarin lewensmaat sterf; tyd van eensaamheid; tweede huwelik; soms ontstemmende oomblikke van ouma-wees; bewustheid van die klem van die tyd wat niemand kan ontkom nie.
This book is currently unavailable
458 printed pages
Original publication
2011
Publication year
2011
Have you already read it? How did you like it?
👍👎
fb2epub
Drag & drop your files (not more than 5 at once)